Gedagte vir die dag:  Geen kerktaal nie!

Bos_Pad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

God is magtig; tog verag Hy niemand nie! Hy is magtig in sowel krag as begrip. (Job 36:5)

Baie van ons dink aan God as hierdie vêraf-wese voor Wie ons ons woorde moet tel. By Wie ons ons beste voetjie moet voorsit en ons woorde versigtig moet weeg voor ons praat. Allermins! Dit leer een van die bekendste rampfigure in die Bybel ons.

Job se lewe was ’n ramp. Ellende het soos ’n tsunami oor hom gespoel. Al wat hy oorgehad het, was God, sy vrou en sy vriende. Sy vriende het probeer om hom antwoorde te gee, maar selfs dit het hom nie uit sy donker put uitgelig nie. Dis dan wanneer Job met rou eerlikheid en sonder pretensie met God praat. Menslik skree hy sy verlatenheid teenoor sy Here uit. En iewers, op God se tyd en manier, antwoord Hy hom. Kragtig en met oorvloed.

God verwag nie van ons kerktaal wanneer ons met Hom praat nie. Allermins. Hy vra maar net: Hou aan om met My te praat. In jóú eerlike woorde wat uit jou rou hart vloei. In jou grootste krisis … dis dan wanneer Hy baie, baie naby aan jou is.

Ek weet U hóór my hart!

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Here dankie vir U mistieke grootheid.
U, Here verstaan regtig die taal van ons hart.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.