Gedagte vir die dag: Geen kompromieë nie

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: crosswalk.com

Julle sal ook deur almal gehaat word omdat julle in my Naam optree. Maar selfs nie ’n haar op julle kop sal verlore gaan nie. Deur julle volharding sal julle julle lewe behou. (Lukas 21:17-19)

Mense praat oor die verskillende godsdienste wat die Christelike kerk bedreig, maar ek glo die grootste bedreiging tans, is van binne die kerk. Dit is leiers en ander Christene wat bereid is om kompromieë ten opsigte van die geloof aan te gaan om sodoende almal gelukkig te hou.

Die Here is op soek na mense wat die moed het om op te staan en sonder skroom sonde by die naam te noem en Jesus te erken as Here. Dit gaan ons iets kos. Dit kan jou jou lewe kos. Ek glo daar is vandag meer martelaars in die wêreld is as wat daar in Jesus se tyd was.

God wil nie hê ons moet kompromieë aangaan nie. Trouens, Hy sê in Openbaring 3:16 Hy verkies dat ons yskoud is in plaas van louwarm. God verkies dat ons ongelowig moet wees, eerder as om kompromieë aan te gaan. Dit is harde woorde, maar Hy bemoedig ons in vers 19: “Ek berispe en straf almal wat Ek liefhet. Kry lewe en kom tot inkeer!”

Here en Vader, deursoek my hart vandag. As daar enigiets in my is wat my geloof in gevaar stel, openbaar dit aan my. Wees asseblief met al die dapper manne en vroue in die wêreld wat tans u waarheid verkondig. Beskerm hulle, Here. Gee asseblief ook aan my die moed om sterk te staan vir u waarheid. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anelle ·

God moet my ontsettend baie liefhet, want ek voel al soos ‘n voosgeslaande brandsiek donkie van al die straf. Net ‘n asemteug, vra ek my Here, net ‘n oomblik van blydskap soos ‘n ligstraaltjie deur die donker stormwolke. Ek sal nie wegdwaal van U af nie, ek wil net voel hoe bietjie geluk voel, en ‘n oomblik sonder pyn.

Anelle ·

Baie dankie vriend, my gebed is laatmiddag beantwoord. Mag God u seen.

Lindie steenkamp ·

Goeiemore. Dankie vir die mooi oordenking. Dit is so waar. Mense draai en pas die Woord van die Here en dinge binne die kerk om mooi te lyk vir hulle en die mense om hulle. Maar ons moet vas staan op die Woord van God. En opstaan vir dit wat reg en verkeerd is! Seenwense.

Columbiana ·

Hoekom bly die kompromie in die artikel naamloos/beskryfloos? As die skrywer weet wat die kompromie is hoekom noem hy dit dan nie?

Bloues ·

My gevoel oor die kerke, en ek skeer almal oor een kam, is juis die afwyking van Sy woord. Die verkeerde word geregverdig onder die mantel van naaste liefde en mens waardigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.