Gedagte vir die dag:  Geen plaasvervangers nie

ligtoring_4_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm. (Romeine 12:2)

Ons probeer hedendaagse metodes op ons verhouding met God toepas. Ons lees ons hoofstuk, hou ’n kort oordenking en pak die dag haastig aan. Ons hoop om op te maak vir ons innerlike bankrotskap deur iewers ’n evangeliese byeenkoms by te woon of na nog ’n verhaal te luister van ’n godsdienstige avonturier wat pas van die sendingveld af teruggekeer het. Die tragiese resultate van hierdie gees is dat alles oor ons gaan. Oppervlakkige lewens, leë godsdienstige filosofieë, die oorbeklemtoning van die element van pret in godsdienstige byeenkomste, die verheerliking van mense, kwasigodsdienstige gemeenskappe, ’n dinamiese persoonlikheid wat voorkeur kry bo die krag van die Gees; al hierdie dinge is die simptome van ’n bose siekte, ’n diep en ernstige kwaal van die siel. ~ A.W. Tozer        

Vergewe ons, Here, want ons het gesondig. Dankie, Here, dat ons altyd weer gemeenskap met U kan geniet. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Agie ·

Amen
Dis waarheid. Soveel mens aanbidding …… moderne afgodery is ons grootste probleem wat sommer so ongemerk maar net aan en aangaan.
Here wees ons genadig en vergewe ons en red ons van ons lamlendigheid.
In die Naam van Jesus Christus. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.