Gedagte vir die dag: Geen rede

Stiltetyd_see_strand_son_NathanSteyn2.jpg

Foto: Nathan Steyn

Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie. (Matt 14:27)

Jesus sê 18 keer in die Nuwe Testament “Moenie bang wees nie”, en engele sê 5 keer hierdie selfde woorde. Die betekenis hiervan is egter groter as wat ons dink.

In werklikheid het Jesus gesê: “Daar is nie meer rede vir julle om bang te wees, want Ek is hier. Ek is by julle. Selfs al word julle weggelei om doodgemaak te word, is Ek steeds by julle. Een groter as die dood is hier. Een groter as krisisse en onheil is hier!

“Laat jou hart toe om te ontspan. Waaroor die vrees? Dis nie nodig nie. Ek is jou Herder en sal jou lei in die voetspore van geregtigheid na rus en vrede. Niks is buite beheer nie. Ék is in beheer.”

Jesus se woorde is nie bedoel om slegs te beteken “hou op bang wees nie”, maar eerder “sien My raak”. Wat ook al voorlê, die Koning is by jou.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.