Gedagte vir die dag: Geen trane meer nie          

sonsopkoms_voels_stiltetyd_Marco-Brits.jpg

Apoka Safari Lodge, Uganda (foto: Marco Brits)

Daar sal in Jerusalem nie meer iemand gehoor word wat huil of om hulp roep nie. (Jesaja 65:19)

Hoekom sal daar geen trane in die hemel wees nie? Alle eksterne bronne van hartseer sal weg wees. Daar sal geen pyn wees om ons te ontstel nie, geen hartseer gedagte of dood om ons treurig te maak nie. Ons sal heeltemal geheilig wees. Versoekings sal ons nie langer van die lewende God af weglok nie. Ons sal voor sy troon staan, gelykvormig aan sy beeld. Alle vrees vir verandering sal iets van die verlede wees. Ons sal weet dat ons vir ewig veilig is.

Die ewigheid sal nooit uitgeput word nie en ons seën sal voortduur. Ons sal vir ewig by die Here wees. Elke begeerte sal vervul wees. Ons hele wese sal volkome bevredig wees.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sophia ·

What a day that will be, when my Jesus I shall see!
When I look upon His face, the One who saved me by his Grace!!

Dries ·

Wonderlik! Ons het rede om Opwinding! te ervaar, ons mag vol vreugde wees, Jesus se wederkoms kom alhoe nader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.