Gedagte vir die dag: Geen tyd vir dwaasheid nie

Boekevat-Wortelgat-Berg-ABrits.jpg

Foto: Annelize Brits

Moenie ’n dwaas antwoord volgens sy dwaasheid nie anders word jy net soos hy. (Spreuke 26:4)

Die meeste van ons is dwaas oor dinge in die lewe. Dwase mense word nie stil en dink voordat hulle in die een of ander moeilikheid beland nie. Dit is W.W. Dawley wat gesê het: “Ons kry keuses in die lewe wat ons koers gaan bepaal. God hou ons toerekenbaar vir die foute wat ons maak. As Christene moet ons verantwoordelik wil wees. God het vir Moses ’n staf gegee, vir Dawid ’n slingervel, vir Simson die kakebeen van ’n donkie, vir Ester skoonheid, vir Debora die talent van die digkuns, vir Dorkas ’n naald en vir Apollos ’n welsprekende tong … Aan elkeen het Hy die vermoë gegee om sy gawe te gebruik. Daardeur het elkeen van hulle doeltreffende werk vir die Here gedoen.”

Lei ons, o Here God, om regverdig te leef en nie volgens dwaasheid nie. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.