Gedagte vir die dag: Geen veroordeling meer nie

man_uitgestrekte_arms.jpg

praisethelord.com

Die Here het vir Josua gesê: “Ek het vandag julle vernedering van Egipte van julle af weggerol.” Josua het daardie plek toe Gilgal genoem. Dit is vandag nog sy naam. (Josua 5:9)

Dalk voel dit vandag vir jou of jy iemand teleurgestel het, of dalk voel jy teleurgestel in jouself. Ek het vir jou goeie nuus! 2 Korintiërs 5:17 sê: “Iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!” Wanneer Jesus vergewe, vergeet Hy ook.

Jare gelede, toe ek en Jill uit Zambië na Suid-Afrika gekom het, het ons alles saamgebring wat in ons lorrie kon pas. Ons het plaastoerusting en huisraad gebring, en ek het nie alles by die grenspos verklaar nie. Twee of drie jaar later, toe ek tot bekering gekom het, het die duiwel my voortdurend hieroor aangeval. Hy sou vir my sê: “Jy is ’n smokkelaar. Jy is ’n dief. Jy het nie al jou besittings by die grens verklaar nie.”

Dit het werklik aan my begin knaag, en daarom is ek na die doeanekantoor in Pietermaritzburg om te gaan bely wat ek gedoen het. Die hoofbeampte was daar en ek het vir hom gesê: “Meneer, ek is vandag hier om vir jou te kom sê dat ek goed in die land ingebring het wat ek nie verklaar het nie.” Hy het sy boek uitgehaal en gesê: “Sê vir my wat dit was.” Ek het alles genoem wat ek oorspronklik moes verklaar het. Toe ek klaar is met my lys, het die beampte na my gekyk en gesê: “Al hierdie goed is doeanevry. Jy skuld ons nie ’n sent nie.”

Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” (Johannes 19:30). En Hy het dit bedoel. Sit die duiwel se aanklagte agter jou. Los dit alles in die hande van ’n liefdevolle God en gaan aan met jou lewe.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.