Gedagte vir die dag: Jou gees is nie vir toustaan gemaak nie

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Ek wag op die Here, ek wag, en hoop op sy woord. Ek wag op die Here, meer as wagte wag op die môre, wag op die môre. (Psalm 130:5-6)

Toe ek iewers ’n advertensie sien wat sê die menslike gees is nie vir toustaan gemaak nie, dink ek by myself dit geld van ons lywe ook. Luister gerus na die gemiddelde toustaner, dan hoor jy spoedig allerlei klagtes oor swak diens en wat nog alles. Tog is wag ’n normale deel van ons elkeen se lewe. Ons wag op diens, ons wag op mekaar, ons wag op beter dae …  En dit frustreer baie mense.

Hoe dan gemaak met die Here se opdrag in die Bybel dat ons op Hom moet wag? Wel, die punt is dat ons nie op dinge uit sy hand wag nie; ons wag op die Here self. Sy teenwoordigheid is meer as genoeg; dit is die lewe self.

Om op die Here te wag, is ’n lewenslange opdrag. Dit is nie tydmors nie. Ons is lewenslank gefokus op sy eer. Al wagtende word ons omvorm tot goeie weerkaatsers van God se hemelse genade.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.