Gedagte vir die dag: Die Gees van die waarheid lei ons 

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. (Joh 16:13)

Vroeg een oggend het ’n jong man van die Vrystaat wat by ons gebly het vir my gesê: “Ek wil die stem van God hoor.” ’n Ander jong man uit die noordelike deel van Suid-Afrika wou ’n medewerker by Shalom word. Hy wou ook God se stem hoor. Net so het ek ook ’n jong “Timoteus” by my wat ’n kragtige evangelis wil word. Hy wil van God hoor.

Wil jy vandag van God hoor? Ek vind dat mense, jonk en oud, oor die hele wêreld heen God se stem wil hoor. Hulle is moeg vir die boodskappe van die “loskoppe”, soos hulle dié mense noem wat net praat en niks doen nie. Dit is soos om ’n bak springmielies te eet. Wanneer jy alles opgeëet het, is jy nog honger. Dit is nie vullend nie. Jy het vaste kos nodig.

Ek hoop jy sal vaste kos vind in hierdie boodskap vandag. Dié boodskap is vir almal wat graag God se stem wil hoor. Het jy ’n boodskap van God nodig? Jy het die Gees se leiding nodig. Vra die Heilige Gees van God om jou in die hele waarheid te lei sodat jy sal weet wat jy moet doen. Die Here het ons belowe: “Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet” (Jer 29:13-14).

Here, dankie vir u belofte dat ek U sal ontmoet wanneer ek met my hele hart na U en u wil vra. Lei my deur die wysheid van u Gees sodat ek sal weet wat om te doen. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.