Gedagte vir die dag: Geesgenote

mense_brug_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

U trou is vir geslag na geslag, U het die aarde gevestig, en dit staan nog vas. (Psalm 119:90)

Vroue het ’n ingebore en instinktiewe behoefte aan geesgenote, en tog voel ons dikwels alleen. Ons mors baie kosbare tyd deur ons te verknies oor die onreg en seer wat ander vroue ons aangedoen het. Selfs te midde van ons uitgebreide sosiale, loopbaan- of familienetwerke kan ons glo dat ons geïsoleerd is en geen vriende het nie. Ons kan onsself ook mislei om te glo dat ons die enigstes is wat só voel.

Die psalmis verklaar dat God se genade genoeg is, vir ons ook. Sy genade is genoeg vir die vroue van ons generasie wat so dikwels die skrikwekkende ervaring het dat hulle ten spyte van baie mense om hulle eensaam is. Wat meer is, die feit dat God se genade veranderende genade is, is wonderlik en ’n groot verligting. Sy genade kan ons in ’n generasie verander wat weet hoe om die siele van ons susters opreg lief te hê. Die moed, moeite en kwesbaarheid wat dit ons verg om mense lief te hê, is tog immers waaroor die lewe gaan.

Is jy bereid om die soort vriendin vir ander te wees wat jy graag wil hê hulle vir jou moet wees? Sal jy eers luister? Sal jy vriendelik en belangstellend wees, mense insluit en aanvaar?

Vader, wys asseblief vir my as daar iemand is wat dalk op enige manier uitgesluit of afgesny voel. Wys my vir wie ek vandag ’n goeie vriendin moet wees. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.