Gedagte vir die dag: Geestelik minder bevoorreg

woestyn_voetspore_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe? (Matteus 16:26)

Enige mens wat sy geestelike lewe verwaarloos, is kortsigtig en dwaas. Hy het homself oortuig dat goud en alles waarvoor dit staan vir hom van groter belang is as God; dat die sienlike dinge belangriker is as die onsienlike; en dat ’n valse balansstaat te verkies is bo integriteit en eerlikheid.

Geen mens wat God uit sy lewe rangeer, kan waarlik suksesvol wees nie. Alleen wanneer ons geestelike lewe in harmonie met God is, kan ons ’n gesonde begrip hê van die sin en betekenis van die lewe.

Wanneer jy jou geestelike lewe beroof van die bewustheid van Christus se inwonende Gees is jy waarlik minder bevoorreg.

Hemelse Leidsman, ek besef die belangrikheid van my geestelike lewe en weet verseker dat u Heilige Gees diepte in my lewe bewerkstellig. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.