Gedagte vir die dag: Geestelike slaapsug

ligtoring_4_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig. (Efesiërs 5:14)

Om jou geloof lewendig te hou moet jy gedurig daaraan werk. Dis fataal om op jou geestelike louere te rus, want in die lewe waartoe God jou geroep het, kan daar geen ydelheid wees nie. Hoe handhaaf ’n mens dan ’n lewende geloof?

’n Steeds dieper gebedslewe; ’n geïnspireerde en intelligente studie van die Bybel en deelname aan die gemeenskap van die gelowiges is essensiële faktore om geestelik te groei. Jy weet van hierdie dinge, die vraag is of jy hulle toepas.

Indien elke gelowige geestelik wakker word, sou die wêreld aan die brand gesteek word vir Christus. Dit sou die einde van geweld, rassespanning, bitterheid en gierigheid beteken en Christus Jesus sou as Koning regeer.

Heilige Meester, deur die inspirasie van u inwonende Heilige Gees is ek van plan om ’n besliste en wakker Christen tot u eer te wees. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

Caroline ·

Ek dank die Vader vir die wonderlike reën wat daar buite val en vra dat Hy ook sulke goeie reën na die ander droogte geteister gebiede sal stuur.Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.