Gedagte vir die dag: Geestelike verwarring

gebreekte_kleipot_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe antwoord Jesus: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die lydensbeker drink wat Ek gaan drink?” “Ons kan,” antwoord hulle.” (Matteus 20:22)

Daar kom tye in ons geestelike lewe wanneer ons verward is, en die manier om daar uit te kom is nie bloot deur te sê: “Moenie verward wees nie.” Dit is nie ’n geval van God wat jou op ’n pad neem wat jy tydelik nie verstaan nie. En dit is slegs as jy deur geestelike verwarring gaan, dat jy by die plek sal kom waar jy sal verstaan wat God vir jou lewe wil hê.

Die versluiering van sy vriendskap (vgl. Luk. 11:58). Hier gee Jesus die illustrasie van ’n man wat lyk asof hy nie vir sy vriend omgee nie. In werklikheid sê Hy dat dit is hoe ons hemelse Vader somtyds vir ons sal voorkom. Jy sal dink dat Hy ’n onvriendelike, wrede vriend is, maar onthou: Hy is nie. Die tyd sal aanbreek dat alles duidelik sal word. Dit is of daar ’n skaduwee op die vriendskap van die hart val en dikwels moet selfs die liefde met pyn en trane op die seën van ’n voller vriendskap en eenheid wag. Wanneer dit lyk of Jesus heeltemal versluier is, sal jy steeds vashou, in volle vertroue op Hom?

Die skaduwee op sy Vaderskap (vgl. Luk. 11:1113). Jesus sê daar sal tye aanbreek wanneer dit sal lyk of jou Vader ’n onnatuurlike vader is – of Hy hard en ongeërg is – maar onthou, Hy is nie. “Elkeen wat vra, ontvang … ” (Luk. 11:10). As al wat jy op die oomblik sien, ’n skaduwee op die Vader se gesig is, hou vas aan die feit dat Hy uiteindelik vir jou ’n duidelike begrip sal gee en Homself ten volle sal regverdig ten opsigte van elke ding wat Hy in jou lewe toegelaat het.

Die eienaardigheid van sy trou (vgl. Luk. 18:18). “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?” (Luk. 18:8). Sal Hy die soort geloof vind wat op Hom reken ten spyte van verwarring? Staan vas in die geloof en glo dat wat Jesus gesê het die waarheid is al verstaan jy nie wat God doen nie. Hy het ’n baie groter plan as die besondere dinge wat jy op hierdie oomblik van Hom vra.

Bron: My allerbeste vir Sy Hoogste deur Oswald Chamber
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.