
Foto: pixabay.com
Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. (Romeine 8:9)
Omdat jy ook ’n geestelike wese is, kan jou gees nooit bevredig word deur suiwer materiële bates nie. Jy het ’n dinamiese verhouding met die Heilige Gees nodig, want Hy alleen kan aan jou permanente bevrediging gee. Hierdie intiem persoonlike verhouding met God is bereikbaar deur ’n positiewe geloof in die opgestane Christus.
Geloof in die lewende Christus is baie meer as ’n verbygaande emosie. Dit is die aanvaarding van sy gesag langs die hele linie van jou lewe af. Dis die vrywillige toelating van sy Gees om Hom deur jou lewe te openbaar.
Met hierdie aanvaarding is daar besliste groei tot geestelike volwassenheid en dit gee aan jou lewe ware betekenis.
Ek wil nooit van U geskei word nie. Ek wil in u liefde bly en ’n vrugbare loot in u koninkryk wees. Ek wil U verheerlik. Amen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
So baie dankbaar Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!
My God ek staan vandag op my kniee voor U my God en vra U om saam met my te wees met belangrike besluite wat ek moet neem. Besluite wat my lewe baie gaan verander. Help my my God om die regte besluit te neem. Dankie my God Amen.
AMEN Loof Sy Naam.