Gedagte vir die dag: Die geheim van ware lewe

koringveld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. (Matteus 4:4)

’n Basiese waarheid van die Christendom is dat die mens geskep is as verteenwoordiger van God en bestem is vir gemeenskap met die Vader. Indien die geestelike dimensie van ons lewe geïgnoreer word, ontstaan daar ’n honger wat niks en niemand behalwe Christus kan versadig nie.

Om geestelik ingestel te wees beteken om jou lewe deur Christus se  beginsels te laat reguleer; om die teëspoed van die lewe met waardigheid te hanteer en om daagliks met jou lewe by God uit te kom en sy wil te soek.

As jy geleer het om na die wil van God te lewe, eerder as na jou eie sin en denke, het jy die geheim van ware lewe ontdek.

Dankie, God, dat u wil in u Woord geopenbaar is. Skenk aan my die wysheid om my lewe na u heilige wil in te rig. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

Susan ·

Dankie Liewe Heer vir elke nuwe dag. Baie dankie dat U my dra wanneer ek nie meer kan nie. Baie dankie dat U my vergewe vir als wat ek nie volgens U woord doen nie. Baie dankie vir U alomteenwoordigheid. Baie dankie vir die beskerming wat U bied
Amen!

Frieda ·

Baie dankie Liewe Vader vir u leiding en teenwoordigheid!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.