Gedagte vir die dag: Gehoorsaam, en beleef God deur berou

skare_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die mense van Nineve het God se boodskap geglo. Almal, van groot tot klein, het besluit om te vas en om rouklere aan te trek. (Jona 3:5)

Jona wou God vir homself hou, en nie met die Assiriërs deel nie. Maar God het selfs die teësinnige Jona gebruik om die Assiriërs tot gehoorsaamheid te lei sodat hulle Hom deur berou, vas en roubetoon kon beleef. Intussen het Jona God verwyt omdat Hy so liefdevol is. Na wie aard jy die meeste: die berouvolle Assiriërs of die teësinnige, selfgesentreerde Jona? Beleef jy God?

God, ek wil U te dikwels beperk tot my klein wêreldjie. Maar U wil my na die eindes van die aarde stuur om u liefde te deel of die eindes van die aarde na my toe bring sodat ek dit daar kan deel. Wees U my toekomsvisie sodat ek die wêreld kan liefhê soos U dit liefhet en bly wees om deel te kan hê aan wat U doen. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.