Gedagte vir die dag: Gehoorsaam om te lewe

Bybel_kruis_2_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees gehoorsaam aan my voorskrifte en bepalings. Wie dit doen, sal lewe. Ek is die Here. (Levitikus 18:5)

Dit gaan oor God. En oor die lewe. God is die Skepper van hemel en aarde. Psalm 19 het ons in verwondering laat buig voor die grootheid van ons Skepper-God. Ons het nie die taal gehad om sy onmeetlike skeppingswerke te beskryf nie. Saam met die psalmdigter het ons maar net in aanbidding gebuig voor die alhoë God. Skepper-God. My Skepper. Die God van die lewe.

En dan die wet wat my help om die kosbare gawe van die lewe reg te benut en te bestuur. God openbaar Hom in sy wet. Ek leer ken God se genade juis deur sy wet te gehoorsaam. Dit is wat ons teksvers sê: Gehoorsaamheid aan die wet is ’n waarborg vir die lewe.

Ek wil graag lewe. Ek wil graag die rykdom van God se genade geniet. Daarom wy ek my lewe aan dié God oor wie se skeppingswerke ek my verwonder, dié God wat my met sy volmaakte wet op die regte lewenskoers hou. Ek wil graag aan Hom gehoorsaam lewe.

Ek wil graag lewe om God se Naam te verheerlik.

Waarom sou ’n mens tog so dom wees om die Skepper van die lewe nie met die plan vir ’n gelukkige lewe te vertrou nie? Waarom so dom om daarna te hunker (!) om die wet te oortree, terwyl jy weet die wet is ’n waarborg vir die lewe? Miskien is ons so dom omdat ons te min na die sterre kyk en te selde die wonder van die wet oordink.

Bron:
In die skadu van die Allerhoogste deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre ·

God se Naam is sinoniem met Sy karakter, en Sy wet…

Die 144 000 is verseel met God se naam, en God se Naam is Sy karakter, en waar kry ons Sy karakter? In sy wet!
Die merk van God is die gebod, die insettinge en die verordeninge
Twee keer vra Moses, Heer wys my hoe U lyk!! En God se vir hom Ek sal jou My NAAM wys, gaan haal twee klippe waarop ek My wet kan skryf, en dan wys Ek jou My NAAM!!

Lenie ·

Moet dit nie vir allerhande voordele probeer doen nie, doen dit uit ‘n allesoorheersende liefde vir God.

Eish ·

Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
OPENBARING 22:14 AFR53
Noag is gered deurdat hy gehoorsaam was en die ark gebou het.
Natuurlik hou dit voordeel in om die Wet te gehoorsaam.
Ons struikel sommer al by die vierde gebod, wat die toetsgebod is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.