Gedagte vir die dag: Gehoorsaamheid bring lewe

Foto: pixabay.com

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af. Elkeen wat egter vrugte oplewer, snoei Hy sodat dit nog meer vrugte kan dra. (Johannes 15:2) 

Die loot kry sy lewe direk van die wynstok. Ons weet in Hom is daar lewe en die lewe is die lig van die mense (Joh 1:4). Die evangelie is ’n uitnodiging om in Hom te wees. Dit is wat geloofsgehoorsaamheid bring. Ons leef in Hom in die lewe van God. In Hom is ons deel van die huisgesin van God.

Maar dan maak Jesus twee belangrike stellings. Eerstens, elke loot wat in Hom is, maar nie aan Hom gehoorsaam is nie (nie vrugte dra nie), neem die Vader weg. Hoe het die loot in Hom gekom? Deur voor Jesus te buig as Here en God en die weergeboorte te ontvang tot ’n nuwe lewe. Daar is nie ’n ander manier om in Hom te wees nie. Kan ek deur weergeboorte in Hom wees en dan my rug op sy gesag draai? Ja, beslis. Die kerk oor die jare is ’n goeie voorbeeld daarvan. Jesus se waarskuwings aan die gemeentes in Openbaring is ’n demonstrasie van gelowiges se wegdrywing en God se optrede.

Tweedens, elke loot wat aan sy gesag onderwerp is, snoei Hy sodat dit selfs meer gehoorsaam kan wees. Gehoorsaamheid bring reiniging. Petrus skryf: “Julle is van julle sondes gereinig toe julle die waarheid van die Goeie Nuus aanvaar het. Julle kan mekaar dus as medegelowiges regtig liefhê” (1 Pet 1:22).

Vader, bewaar my om aan Jesus getrou te bly.

Bron: Wees oor niks besorg nie deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Here wees genadig en geduldig dat ek nie verlore gaan a.g.v. ongehoorsaamheid nie en vrug dra wat by bekering pas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.