Gedagte vir die dag:  Gehoorsaamheid 

– twee paaie stiltetyd pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vandag gee ek vir julle ’n keuse tussen voorspoed en teëspoed. Ek beveel jou vandag om die Here jou God lief te hê en om sy opdragte na te kom deur in sy weë te wandel. As jy dit doen, sal jy lewe en ’n groot nasie word. Die Here jou God sal jou seën. (Deuteronomium 30:15-16)

God se openbarings is vir ons verborge totdat dit deur ons gehoorsaamheid ontsluit word. Jy sal dit nooit oopkry deur filosofie of denke nie. Die oomblik wanneer jy gehoorsaam is, verskyn ’n helder lig. Laat God se waarheid in jou werk deur dit in te drink, nie deur jou daaroor te bekommer nie. Gehoorsaam God in dié ding wat Hy op die oomblik vir jou wys, en die volgende ding sal dadelik oopgemaak word. Ons lees lywige boeke oor die werk van die Heilige Gees terwyl … vyf minute van drastiese gehoorsaamheid dinge duidelik sal maak. Ons sê: “Ek veronderstel ek sal hierdie dinge eendag verstaan.” Jy kan dit nou al verstaan. Die kleinste stukkie gehoorsaamheid sal die diepgaande waarhede van God vir jou oopmaak. God sal nooit meer waarhede oor Homself openbaar voordat jy gehoorsaam is aan wat jy reeds weet nie. ~ Oswald Chambers  

Help ons om gehoorsaam te wees, Here. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kornel ·

Dankie. Here vervul almal en myself ook met die Heilige Gees wat vandag hierdie boodskap lees en laat hulle dit verkondig en uitdra.
Amen.

Elsie Riekert ·

Baie dankie vir die bemoedigende boodskappe elke dag. Dit leer my en gee my moed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.