Ek het julle uit die wêreld uitgekies. (Johannes 15:19)
Dié wat twyfel aan die dogma van genade of verkies om dit nie te oorweeg nie, loop die keurigste vrugte in God se wingerd mis. Dit is heuning wat die hart ophelder; om die misterie van God se koninkryk te leer ken en lief te hê. Strewe daarna om jou begrip uit te brei sodat jy die ewige liefde van God kan verstaan.
Dink hieroor: As Jesus self belowe om jou tot heerlikheid te bring, en as die Vader self belowe het om vir jou die Seun te gee as deel van jou ewige beloning, wat kan dan met jou gebeur? Tensy God self ontrou is of tensy Jesus nie sy belofte nakom nie, is jy heeltemal veilig. Kom dus, jubel voor die genadetroon en dans van vreugde, want Hy het jou gekies.
Onbegrylike genade………..bevrydende genade deur God vrywillg geskenk. An die kruis geskenk om die mensdom wat op n ewige doderyk afstuur te red maak my vrede en lewe vind.