Gedagte vir die dag: Gelei deur die Gees

loop-saam-met-God

Foto: Theworddetective.wordpress.com

As julle deur die Gees gelei word, is die wet nie meer julle baas nie. (Galasiërs 5:18)

Ons word nie meer deur die wet beheer nie. Ons lees in die Woord: “Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem” (Romeine 8:1). Dit is die rede hoekom jy soos ’n arend kan uitstyg bo al die probleme van die wêreld. Wanneer jy deur die Gees gelei word, is jy waarlik vry. Wanneer jy deur die Gees beheer word, is jy nie meer bang vir wat mense aan jou kan doen nie.

Wanneer die Heilige Gees jou lei, word jy nie meer beheer deur die wet of deur die ontstellende dinge wat jy op die nuus sien nie. Wanneer jy wandel in die Gees word jy vrygestel van al hierdie dinge. Ons lees in Galasiërs 5:22-23: “Die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.” Dít is die vrug van die Gees.

Op die plaas het ons ’n Aberdeen Angus-bul. Hy weeg seker meer as ’n ton; tog kan ons hom keer om uit sy kamp te ontsnap met ’n dun elektriese koordjie wat deur ’n klein batterytjie aangedryf word. Daar vloei die kleinste ou stroompie elektrisiteit deur daardie koord – dit sal nie eens ’n klein kindjie skade aandoen nie  –  en tog gaan daardie enorme bul nie naby aan die heining nie. Hy kan bloot deur die heining stap en dan is hy in ’n veld vol heerlike groen gras, maar hy word deur ’n leuen teruggehou. Dit is presies hoe die duiwel se leuens werk.

Die wet hou ons terug, maar die Heilige Gees maak ons vry. Wandel vandag in die Gees. Kyk na die Here Jesus Christus om jou te lei.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.