Gedagte vir die dag: Gelei na heerlikheid

reënboog.jpg

Foto: credomag.com

Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (Psalm 73:23-24)

Jy weet dalk nie waarheen jy gaan nie, maar Ek weet. Wanneer jy moeg is en heeltemal alleen voel, nie in staat om nog een enkele tree in die geloof te gee nie, wil Ek hê jy moet weet EK IS altyd by jou … besig om jou na heerlikheid te lei.

Ek weet baie meer oor die situasies waarin jy jou bevind as wat jy ooit sal weet. Ek sien jou lewe van die begin tot die einde en ook elke detail tussenin. Daarom kan jy My met jou toekoms vertrou. Ek het jou tot hier gebring, en Ek sal jou nooit verlaat nie. As Ek jou ingelei het, sal Ek jou ook uitlei. Weet dat my wysheid en leiding al is wat jy ooit vir jou geloofsreis nodig sal hê. Wanneer Ek jou roep om op die water te loop, is dit my krag wat jou in staat stel om dit te doen. Elke situasie wat jy moet trotseer, gaan oor vertroue in My.

Moet dus nie in wanhoop versink oor jou oorweldigende omstandighede nie. Moenie in die versoeking kom om jou geloof te versaak en te leef op grond van wat jy kan sien nie. Kom na my teenwoordigheid, vertrou op my stil en sagte stem om jou te lei, vertrou op my wysheid en mag, en rus in die geloof. Hou my hand styf vas.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.