Geloftedag 2019: Hier is jou naaste Geloftefees

Geloftediens-2017

‘n Geloftediens by die Voortrekkermonument. (Argieffoto.)

Duisende Afrikaners maak vanjaar weer gereed om Geloftedag op 16 Desember te gedenk.

Dié dag gedenk die gelofte wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 afgelê het voordat 470 Voortrekkers deur bykans 10 000 Zoeloes by Bloedrivier aangeval is. Die Trekkers het dié veldslag oorwin en slegs een Voortrekker, die leier Andries Pretorius, is lig beseer.

Die gelofte is afgelê toe die Trekkers vóór die slag die Here gevra het om hulle te help in die geveg. Hulle het ʼn gelofte afgelê en onderneem dat hulle elke jaar 16 Desember as Sabbat sou herdenk as die Here hulle sou help.

Geloftedag is wel jaarliks ʼn geleentheid vir Suid-Afrikaners om byeen te kom om dié gelofte te gedenk, maar ook vir Afrikaners om weer hul verbintenis aan die gelofte te bevestig.

Dié lys bevat Geloftefeeste oor al nege provinsies en word gepubliseer met vergunning van Ditsem Nuus. Jy kan ook hier na hul kalender (in PDF-formaat) kyk en dit aflaai. Volg Ditsem Nuus op Facebook of Twitter.

Jy kan ook Ctrl + F op jou sleutelbord druk om na ʼn spesifieke dorp te soek in die inligting hieronder.

ALEXANDRIA
Karel Landman Geloftefees
Karel Landman Monument by Kolrant, 25 km vanaf Alexandria op pad na PE (Vier vanjaar 80ste bestaansjaar).
09:45 – Diens ds. Anton Oliphant / Feesrede dr. Pieter Mulder / Bring en braai
Kontak: Riana Heyneke 082 782 2682 / [email protected].

ALBERTON
APK Oos-Rand Geloftefees

AP kerk Alberton, Bloekomlaan 26, Genl. Albertspark
09:30 – Geloftediens ds. André van den Berg / Feesrede ds. André van den Berg / Tema: Siener van Rensburg en die Tweede Gelofte / Gesellige saamkuier.
Kontak: Chris Janse van Vuuren 082 901 0508 / [email protected].

ALLDAYS
Alldays Geloftefees

Ross Thom-saal
14 Desember: 16:00 – Boeresport en braai
16 Desember: 08:45 – Lees van Gelofte / 09:00 – Geloftediens / 10:00 – Jaarvergadering / 11:00 – Middagete.
Kontak: Robert Gallon 084 675 1324 / [email protected]

BADPLAAS
Badplaas Geloftefees

NG Kerk Badplaas
09:00 – Geloftediens / Versoeningsdiens
Kontak: René Janse van Vuuren 072 292 5779 / [email protected]

BARKLY-WES
De Kuile Geloftefees

Plaas De Kuile tussen Barkly-Wes en Reivilo
13 Desember: – Laertrek / Potjiekos
14 Desember: 08:00 – Perdekommando / Basaar / Steak-ete / Boeresport
16 Desember: 05:00 – Saluut, samesang en biduur / 09:00 – Feesrede Morné Diederichs (Solidariteit) / 11:00 – Geloftediens ds. Danielo Stolz (APK) / Kranslegging / 14:00 – Slotdiens
Kontak: Pieter Botes 071 672 9653 / [email protected]

BELFAST
Belfast Geloftefees

Geloftefeesterrein buite Belfast op Dullstroompad
09:30 – Samesang / 10:00 – Geloftediens ds. Wim Smith (EGK)
Kontak: Gerhard Kotzé 071 609 9266 / [email protected]

BELLVILLE
Durbanville Geloftefees

EGK Tygerberg, h.v. Deodarstraat & Uys Krige-rylaan, Loevenstein, Bellville
08:45 – Voorsang / 09:00 – Geloftediens ds. Bill Barkley / Ligte verversings
Kontak: Derik Strauss 084 408 6434 / [email protected]

BETHAL
Standerton / Bethal Geloftefees

Standerton teerpad vir 30 km, by Joubertsvlei-bord regs, 19 km na feesterrein
13 Desember: Kamp opslaan
14 Desember: 10:00 – Boeresport / 14:00 – Kunswedstryd / Families kuier by hul eie tente.
15 Desember: 10:00 – Erediens ds. Bennie Marais (NG) / 13:00 – Gesamentlike ete / 16:00 – Vlugbal-familiekompetisie.
16 Desember: 07:00 – Biduur / 10:00 – Geloftediens ds. Pieter Swanepoel / Vlaghysing / Verversings / 11:15 – Feesrede Jan Bosman (Afrikanerbond)
17 Desember: Opruim (feesterrein).
Kontak: Dawid Theron 084 504 2376 / [email protected].

BETHLEHEM
Laertrek Geloftefees

Laertrek Geloftefeesterrein tussen Bethlehem en Kestell.
Psalm 65:2: “Aan U kom ʼn lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die Gelofte betaal word.”
13 Desember: Kamp opslaan.
14 Desember: Gelofterit met perde / Taktiese skiet / Spitbraai.
15 Desember: 09:00 – Oggenddiens ds. Barend Hefer / Piekniek en besigtigingstoer / Aandgodsdiens en lees van Gelofte
16 Desember: Verrigtinge: direkte uitsending op Radio Maluti (wêreldwyd) op www.malutifm.co.za / 09:30 – Perdekommando en vlaghysing / 10:00 – Geloftediens ds Barend Hefer / 11:30 – Feesrede Hennie Steyn / Middagete eie kos
Kontak: Gerrie Claassen 076 844 0472 / [email protected]

BLOEMFONTEIN
Bergkraal Geloftefees

Bergkraal-feesterrein op Maselspoort-Verkeerdevleipad.
10:30 – Geloftediens / 11:30 – Historiese vertelling / Bring en Braai
Kontak: Ds. Robbie du Toit 084 401 6117 / [email protected]

Bloemfontein-Suid Geloftefees
Plaas Williamstrip, 31 km op Jagersfonteinpad, draai regs na Hagesdam, Steunmekaar, 1 km draai regs na Williamstrip.
Deut. 23:21: “As jy aan die HERE jou God ʼn gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.”
08:50 – Vlaghysing / 09:00 – Skriflesing en gebed en Die Stem (vers 4) / Lees van Gelofte / Samesang / Erediens dr. Adi Schlebusch / Historiese oorsig dr. Jann Schlebusch / Samesang / Gesamentlike ete eie kos.
Kontak: Dr Jann Schlebusch 072 959 3214 / [email protected]

Dankbaar Geloftefees
Vrouemonument.
Pres. Paul Kruger: “Haal uit die verlede dit wat goed is en bou die toekoms daarop.” Mag ons op die Afrikanergeskiedenis bou en die Gelofte steeds nakom en aan ons kinders en hul kinders oordra.
Pred. 5:3: “As jy ’n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.”
Biduur elke aand 9 tot 15 Desember om 18:30 by Vrouemonument.

16 Desember: 09:00 – Samesang / 09:15 – Geloftediens ds. Sarel Roets / Herbevestiging van die Gelofte / Feesrede prof. Andries Raath / Kinders eenkant – jeugvertelling Hugo Hayes / Kranslegging by gedenknaald / Afsluiting Die Stem (4de strofe)
Verdere inligting: Formele kranse word namens ons volk gelê / Ander instansies, gesinne en individue word genooi om ook kranse te lê / Mense aangemoedig om volksdrag aan te trek / Bring sambrele en stoele, asook piekniekmandjie vir saamkuier ná die tyd.
Kontak: Hugo Hayes 076 817 6269 / [email protected] – Willie Engelbrecht 082 728 1489

BOTHAVILLE
Bothaville Geloftefees

NG Meyerhof.
09:00 – Geloftediens dr. Pieter van Jaarsveld / Tee en verversings.
Kontak: Dalene Brink 073 195 1540 / [email protected]

Loskuil Geloftefees
Loskuil Laerskoolsaal, Bothaville-Odendaalsruspad.
Samesang / 09:30 – Geloftediens / 11:30 – Gesamentlike ete
Kontak Frikkie Nel 082 829 5723 / [email protected]

Brits
Brits Geloftefees

Hoërskool Brits
09:00 – Geloftediens ds. Bernie Snijgans / Feesrede prof. Koos Malan
Kontak: Chris van Wyk 074 888 4423 / [email protected]

Bokfontein Geloftefees
Bokfontein Geloftefeesterrein op R104 – volg borde.
Tema: Maak ʼn verskil!
09:00 – Geloftediens ds. Joubert (NG) / Feesrede dr. Hannes Noëth (Helpende Hand) / Kinderboeresport met Koersvas Voortrekker Kommando / Saamkuier eie kos en stoele
Kontak: David Scribante 073 195 4359 / [email protected]

Evangelies Gereformeerde Geloftediens
Evangelies Gereformeerde kerk Brits
08:00 – Geloftediens
Kontak Charmaine Draisbach 012 252 2263 / [email protected]

Swarthoek Geloftefees
Swarthoek Geloftefeesterrein
10:00 – Geloftediens ds. Adriaan Swart (APK) / Feesrede Jaco Kleynhans (Solidariteit) / Bring en braai
Kontak: Dries Brits 082 806 4320 / [email protected]

BOSHOF
Boshof Geloftediens

NG kerk Boshof (kerksaal)
09:00 – Geloftediens ds. Andreas van Rooyen / Roomys en vrugteslaai
Kontak: Ds. Andreas van Rooyen 082 553 9081 / [email protected]

BRONKHORSTSPRUIT
Welverdiend Geloftefees

Wagtenbietjieskop Feesterrein (Vanjaar 101 jaar oud).
09:00 – Geloftediens ds. Henk Stavast (Gereformeerde Kerk) / Feesrede dr. Dirk Hermann (Solidariteit)
Kontak: Callie Geldenhuys 082 808 1804 / [email protected].

Bronkhorstspruit Geloftefees
NG kerk Nooitgedacht (saal).
08:45 – Voorsang / 09:25 – Feesrede ds. Chris Lötter (NG) / 10:00 – Voordrag en vasvra deur jeug / 11:00 – Verversings
Kontak: Gerhard van Niekerk 083 963 3243 / Pieter de Villiers 082 372 5548 / [email protected]

BURGERSFORT
Watervalsrivier Geloftefees

Watervalsrivier Geloftefeesterrein.
13 Desember: Laer opslaan / 18:00 – Bring en braai.
14 Desember: 13:00 – Boeresport / 18:00 – Konsert
15 Desember: 09:00 – Vertrek na waterval / 18:00 – Filmvertoning
16 Desember: 04:00 – Saluut / 09:00 – Erediens ds. Riaan Botha / 11:00 – Algemene jaarvergadering / 12:00 – Saameet onder die Groot Boom
17 Desember: Laer opbreek
Kontak: Lodewyk de Jager 083 236 5870 / [email protected]

CENTURION
Verwoerdburg Geloftefees

By Rooihuiskraal historiese terrein (in Rooihuiskraalweg, suid van Hendrik Verwoerdweg, Wierdapark).
09:00: Geloftediens ds. Maarten van Helden (Gereformeerde Kerk) / Vertolkte voorlesing uit Afrikaanse literatuur Johan Verreyne / Drinkgoed en koekies word verskaf.
Kontak: Charl van den Bergh 072 698 7956 / [email protected] of Hannie van den Bergh 082 7803653

CLANWILLIAM
Seekoevlei Geloftefees

Seekoevlei Geloftefeesterrein, 15 km vanaf Clanwilliam op Graafwaterpad
Sedert 1938 vier vanjaar 80ste bestaansjaar – vir Citrusdal, Clanwilliam, Graafwater, Leipoldtville, Elandsbaai, Redelinghuys en omstreke.
09:00 – Feesrede / 10:30 – Geloftediens / 12:00 – Middagete
Kontak: Hendrik le Roux 067 777 7772 / [email protected]

CLOCOLAN
Clocolan Geloftefees

Clocolan Skouterrein
08:30 – Kranslegging / 09:30 – Geloftediens / Feesrede prof. Das Steyn
Kontak: Carl du Randt 083 338 5654 / [email protected] en Dawie Strauss 083 975 5171 / [email protected]

CHRISTIANA
Môrester Geloftefees

14 Desember: 14:00 – Laertrek / 16:00 – Cantus / 18:30 – Braai
16 Desember: 09:00 – Opening / 09:30 – Geloftediens / 10:30 – Verversings / 11:15 – Geskiedkundige vertelling
Kontak: Lucas Visagie 076 558 5911 / [email protected]

COLIGNY
Doornbult Geloftefees

Gerdau Boeresaal
09:30 – Opening / 09:45 – Geloftediens ds. Tewie Pieterse (NG) / 11:00 – Lees van die Gelofte / Historiese oorsig Werner Human (Solidariteit) / 12:00 – Die Stem
Kontak: John Rankin 082 700 8106 / [email protected]

Leeuwfontein Geloftefees
Leeuwfontein Geloftefeesterrein
Nadat ons terrein in 2017 geplunder en gevandaliseer is, is ons gebede verhoor en die terrein sodanig herstel dat ons vanjaar weer op die terrein Geloftefees vier.
09:00 – 1 minuut stilte… Ons onthou! / Samesang volksliedjies / 10:00 – Geloftediens / Feesrede ds. Danie Malan / 11:45 – Lees van Gelofte / 12:15 – Afsluiting en die Stem / Spitbraai en gesamentlike ete
Kontak: Boeta Jordaan 083 400 8005 / [email protected]

CULLINAN
Cullinan Geloftefees
TLU Saal, 4 km vanaf Fourways na Ekangala.
09:00 – Samesang, 09:15 – Kultuurprogram / 10:00 – Erediens gelei deur dr. Johan Otto (Geloofsbond Hervormd) / 11:15 – Die Stem en Verversings.
Kontak: Mias Smit 072 238 3696 / [email protected]

DE AAR
De Aar Geloftediens,
APK De Aar, 09:00.
Kontak: Dr. Reyno Louw 076 446 8683 / [email protected]

DENDRON
Driedoornhoek Geloftefees

Legkraal
15 Desember: 16:00 – Samesang / Kultuurbeoefening / Saameet
16 Desember: 09:00 – Vlaghysing / Geloftediens ds. Lou Erasmus (Gereformeerde Kerk) / Feesrede Louis Scott (Geskiedkundige) / 12:00 – Saameet
Kontak: Fanie Grobbelaar 083 229 8329 / Karolien Becker 079 486 9337 / [email protected]

DUIVELSKLOOF
Duivelskloof Geloftefees

Hervormde kerk Duivelskloof
09:00 – Geloftediens ds. Fanie Beukes / Feesrede Francois Coetzee / Bring en braai
Kontak: Piet Vermaak 079 019 7701 / [email protected]

DULLSTROOM
Dullstroom Geloftefees

Hervormde kerk Dullstroom
09:00 – Geloftediens
Kontak: Johanna Pieterse 0835454787 / [email protected]

DUNDEE
Bloedrivier Geloftefees

Bloedrivier Erfenisterrein
13 Desember: 19:00 – Sangoptrede Martin Grobler
14 Desember: Oggend Vegkop uitklim, klei-os, kettieskiet, skyfskiet, toutrek / 16:00 – Perdesport / 19:00 – Volkspele
15 Desember: 09:00 – Perdekommando / 17:00 – Aanddiens / 20:00 – Lanternloop (afhangende van weer)
16 Desember: 06:00 – Biduur in wa-laer / 09:00 – Wa-laer program / 10:00 – Erediens ds. Cassie Aucamp / 11:00 – Feesrede dr. Jackie Grobler
Kontak: Johan Fourie 082 320 4133 / [email protected] / Bakkiesblad

DURBAN
Hervormde Kerk Geloftediens

Metodiste kerk Westbrook
10:00 – Geloftediens ds. Dawie Jacobs
Kontak: Ds. Dawie Jacobs 083 456 0831 / [email protected]

ELLISRAS
Canterbury Geloftefees

Plaas Somerset-Noord, Kiesel
Tema: Die vier wonderwerke tydens die Slag van Bloedrivier.
9:00 – Feesrede en Geloftefees boodskap Hansie Theart
Kontak: Lizelle 083 457 1462 / [email protected]

Ellisras Geloftefees
Ellisras Boeresaal (Veilingskrale)
10:00 – Geloftediens ds. Jurie Venter / Feesrede Albertus Breytenbach / Koue ete
Kontak: Agnes Olivier 078 016 6433 / [email protected]

Palala-Sarahbell Geloftefees
Plaas Sarahbell
09:00 – Geloftediens dr. Daan van Wyk (Hervormde kerk) / 10:00 – Vlaghysing / 11:00 – Geskiedenisvertelling Johan van der Merwe / 12:00 – Herbevestiging van Gelofte / Middagete en koeldrank word voorsien
Kontak: Kobus van der Merwe 084 515 7162 / [email protected].

Steenbokpan Geloftefees
Steenbokpan Boereverenigingsaal
10:00 – Geloftediens s.. Arno Nieuwhoff / 11:00 – Feesrede Ignatius Erasmus / 12:00 – Middagete word voorsien
Kontak Chris & Ilse Erasmus 073 212 7505 / 079 585 8682 / [email protected]

Weidhoek Geloftefees
Weidhoek Geloftefeesterrein
09:00 – Geloftediens ds. André Strydom (bring eie stoele) / Bring en braai, bykos word voorsien
Kontak Dirk Uys 071 706 5138 / [email protected]

ERMELO
Smitsfield Geloftefees

Smitsfield Geloftefeesterrein
15 Desember: 17:00 – Braaivleis / Biduur
16 Desember: 10:00 – Geloftediens / 11:00 – Tee en koffie / 12:00 – Gesamentlike ete – elke vrou bring twee geregte
Kontak: Leon Grobler 082 807 9264 / [email protected]
Ons het wegbeweeg van ʼn feesspreker en beskou dit as ʼn verootmoedigingsdag voor die Allerhoogste.

Holland Geloftefees
Plaas Holland, op Amersfoortpad
14 Desember: 15:00 – Kamp opslaan / 17:00 – Bring en braai (Braaipakkies te koop) / 19:00 – Samesang en kuier rondom kampvuur
15 Desember: 08:00 – Oggendoordenking / 09:00 – Ontbyt / 10:00 – Boeresport / 13:00 – Middagete / 14:00 – Skattejag / 19:00 – Aandete / 20:00 – Optrede Antonie Tollig
16 Desember: 07:30 – Ontbyt / 09:45 – Vlaghysing / 10:00 – Geloftediens ds. Joseph de Witt / 11:00 – Feesvergadering / 12:00 – Middagete word deur Feeskomitee voorsien / 15:00 – Kamp afslaan
Kontak: Nick Prinsloo 081 531 1404 / [email protected]

FRANKFORT
Van Rheenenskop Geloftefees

Van Rheenenskop Geloftefeesterrein tussen Frankfort en Oranjeville.
09:30 – Geloftediens ds. van Rensburg (APK) / Middagete (word voorsien, bring net eetgerei)
Kontak: SW Graaff 082 335 3103 / [email protected]

FRASERBURG
Fraserburg Geloftefees

CVO Skoolsaal Fraserburg
10:00 – Geskiedeniskroniek Riaan le Roux / Geloftediens Johan Cloete / Herbevestiging van Gelofte / Klipstapeling / Ligte ete
Kontak: Dr. Ronnie van der Merwe 073 557 3337 / [email protected]

GLENTANA
Glentana-Outeniqua Geloftefees

NG kerk Outeniqualand
09:30 – Geloftediens ds. Jan Fourie
Kontak: Stoffel Bester 044 879 0003 / [email protected]

GRAVELOTTE
Kwaggasnek Geloftefees

Kwaggasnek
09:00 – Geloftediens ds. Kobus van Jaarsveld / Opvoering deur kleuters van verhaal van Bloedrivier / Braai (vleispakkies en spitbraai te koop) / Kleiduifskiet / Kindervermaak / Saamkuier
Kontak: Gerrie van der Merwe 083 4599 080 / [email protected]

GREYLINGSTAD
Wilgefontein Geloftefees

Feesterrein op Greylingstad- en Villierspad.
Tema: Volharding.
09:30 – Samesang / Geloftediens ds. Gert Coetzer (EGK) / Feesrede / Vrugtefeesmaal
Kontak: Jorik Drent 072 236 0747 / [email protected]

GROBLERSDAL
Groblersdal Geloftefees

09:00 – Geloftediens / Feesrede André de Beer
Kontak André de Beer 078 161 1967 / [email protected]

GROBLERSHOOP
Kheis Riverside Lodge Geloftefees

Kheis Riverside Lodge
08:30 – Ruiters oorhandig Gelofte / 09:00 – Geloftediens ds. Dekker Stadler / Feesrede Wynand du Toit
Kontak Wollie Burger 083 303 7762 / [email protected]

GROOT-MARICO
Groot Marico Gesamentlike Geloftediens

Hervormde Kerk Groot Marico
08:00 – Geloftediens ds. Stephan Botha (saam met NG kerk)
Kontak: Ds. Stephan Botha 083 743 0507 / [email protected]

Oberholzerskloof Geloftefees
Oberholzerskloof
09:45 – Verversings en lemoensap / Vlaghysing / Geloftediens ds. Willem Badenhorst / Feesrede Ras Myburgh (Erfenisstigting) / Samesang o.l.v. Sarie Horn / Verkiesing nuwe bestuur
Kontak: Hennie van Eck 083 259 0223 / [email protected]

HARTBEESPOORT
Hartbeespoort Geloftefees

NG kerk Hartbeespoort
09:00 – Geloftediens ds. Christo van Vuuren / Historiese aanbieding ds. Christo van Vuuren / Tee en verversings
Kontak: Ds Christo van Vuuren 083 742 1496 / [email protected]

HARTENBOS
Hartenbos Geloftefees

NG kerk Hartenbos / Groot Trek Museum van ATKV
08:00 – Geloftediens ds. Janlu Cuyler / 09:15 – Feesrede ds. Gerdrie van der Merwe (geskiedkundige)
Geloftediens in ATKV-amfiteater ds. Pieter Voigt / 09:15 – Geloftefees in ATKV Museum / Voordrag Gelofte / Spreker dr. Theuns Eloff (FW de Klerk Stigting) / Koffie en kuier.
Kontak: Schalk van Vuuren 083 628 7900 / [email protected]

HARRISMITH
Bo-Cornelisrivier Geloftefees

Verkykerskop
12 Desember: 19:30 – Leer ken mekaar / 21:00 – Jeugprogram
13 Desember: 07:00 – Oggendgodsdiens en Gelofte / 09:00 – Perdekommando / 11:00 – Perdekaskenades / 15:00 – Jukskei / 19:30 – Onvoorbereide toesprake
14 Desember: 07:00 – Oggendgodsdiens en Gelofte / 11:00 – Basaar, veiling en middagete / 14:00 – Jukskei / 19:30 – Gesinsprogram en samesang
15 Desember: 09:00 – Erediens ds. Kobus Vermeulen / 11:00 – Voordragte / 14:00 – Jukskei / 15:00 – Speletjies / 16:00 – Waatlemoenfees / 19:30 – Gewyde program ds. Kobus Vermeulen
16 Desember: 09:00 – Geloftediens ds. Kobus Vermeulen / Hernuwing van die Gelofte / 11:30 – Feesrede Wouter Wessels / 15:00 – Jukskei finaal / 19:00 – Saamkuier
Kontak: Esmé Coetzee 083 982 8324 / [email protected]

Retiefklip Geloftefees
13 Desember: Kamp opslaan / 19:00 – Boekevat Johan Ungerer / Verwelkoming / Teedrink – Badenhorstkamp
14 Desember: 07:00 – Biduur Dirk van Reenen / 09:00 – Boeresport / Bergwedloop (Muller Fourie) / 12:00 – Waatlemoenfees en swem / 19:00 – Boekevat (Lombardkamp) / Talentkompetisie / Kampvuur / Teedrink – Badenhorstkamp
15 Desember: 10:00 – Erediens ds. Org van der Walt / 19:00 – Boekevat Fourie (Roodkamp) / Verskeidenheidskonsert Bybeltema / Teedrink – De Jagerkamp
16 Desember: 10:00 – Geloftediens ds. Org van der Walt / 13:00 – Middagete en saamkuier / 19:00 Boekevat – Gary Francis
17 Desember: Oppak en vertrek.
Kontak: Müller Fourie 082 836 4864 / [email protected]

HEIDELBERG
Suikerbosrand Geloftefees

11 Desember: Kom kamp lekker saam voor die tyd
13 Desember: Boeremusiek en braai
16 Desember: 10:00 – Kanonsaluut / Geloftediens / Saamkuier, gratis gemmerbier en saameet.
Kontak: Lemont Kriel 084 511 4759 / [email protected]

HEILBRON
Vegkop Geloftefees

Vegkop Geloftefeesterrein
09:00 – Vlagparade Heilbron Voortrekkers / Skrifoordenking ds. Willem van Schalkwyk (APK) / Kranslegging / Sing Lied van Jong Suid-Afrika / Feesrede Gert Bouwer (Afrikanerskap) / Etes te koop
Kontak: Jasper van der Bijl 082 453 7357 / [email protected]

HENDRINA
Hendrina Geloftefees

Plaas Grasfontein
13 Desember: Kamp opslaan / Gesamentlike braai
14 Desember: Jukskei / Vermaak / Braai
15 Desember: Erediens op dorp / Potjiekos / Geskiedenisvertelling
16 Desember: 08:00 – Oggendgodsdiens / 09:30 – Geloftediens / 11:30 – Jaarvergadering / 13:30 – Gesamentlike ete (bring en eet) / 19:00 – Gesamentlike braai
17 Desember: Kamp afslaan.
Navrae: Anton Pelser 082 804 1796 / [email protected]

Olifantsrivier-Oos Geloftefees
Plaas Rietkuil
10:00 – Geloftediens ds. D. Snyman / Feesrede M. Breytenbach
Kontak: Neels Kruger 072 342 4589 / [email protected]

HENNENMAN
Samekoms Geloftefees

15 Desember: 09:00 – Lofprysingsdiens (informeel) / 10:00 – Boeresport / 13:00 – Talentkompetisie / Stokbrood en boereworskompetisie / 16:00 – Die verhaal van Bloedrivier (DVD) / 17:00 – Bring en braai en kampvuur
16 Desember: 10:00 – Geloftediens past. Riaan Lubbe / 12:00 – Jaarvergadering / Koek en tee
Kontak: Christine Bouwer 082 773 9297 / [email protected]

HOBHOUSE
Hobhouse Geloftefees

NG Kerk Hobhouse
09:30 – Geloftediens Piet le Roux
Kontak: Piet le Roux 082 355 1637 /  [email protected].

Juistzoo Geloftefees
Plaas Juistzoo naby Hobhouse
09:30 – Geloftediens
Kontak: Roelf Jordaan 073 906 3141 / [email protected]

JAN KEMPDORP
Jan Kempdorp Volkskansel Geloftediens

Perseel 25 E 2, Hartsvallei
Feesspreker: Herman Bayer.
Geloftediens: Ev. Cobus van der Merwe
Kontak persone: Kobie Swartz 072 559 4144 / Hansie Maritz 072 062 7816 / [email protected]

KAAPSTAD
Strand Geloftefees

Gereformeerde kerk, Altenastraat, Strand
Gesamentlike Geloftefees van Gereformeerde kerk Strand, Nederduits Hervormde kerk Strand, AP kerk en EG kerk (vanjaar vir 10de jaar, roteer jaarliks)
09:00 – Geloftediens ds. Armand Olivier (EG kerk) / Samesang en Geloftes van Bloedrivier, Jan van Riebeeck en Paardekraal word gelees / Bekende Carel en Petro Trichardt bied woordbeeld oor Afrikaner en Bloedrivier / Kollekte vir Bybelverspreiding / Verversings
Alle besoekende Gautengers, Vrystaters en volksgenote van elders welkom om byeenkoms by te woon.
Kontak: Willem Reyneke 082 375 7701 / [email protected]

KAYASEPUT
Kayaseput Geloftefees

Kayaseput Feesterrein
10:00 – Verwelkoming / Vlaghysing / Lees van Gelofte / Geloftediens ds. Roelf Smit (AP kerk) / Spreker / Vergadering / Saamkuier en -eet
Kontak: Izak & Tarine Welgemoed 083 778 8136 / [email protected]

KEMPTONPARK
Bredell Geloftefees

Laerskool Bredell, h.v. 3de Laan en 6de Straat, Bredell.
Tema: Wat bind ons saam?
09:00 – Geloftediens ds. Werner Olivier (Hervormde kerk) / Feesrede Johan Theunissen / Saamkuier met tee en verversings
Kontak: Johan Theunissen 083 460 3302 / [email protected]

Geloftediens APK Kempton Park
APK Kempton Park, h.v. Rietfonteinweg en Pioneerstraat, Glen Marais, Kemptonpark.
08:00 – Samesang / 08:30 – Gesamentlike Geloftediens ds. Piet du Preez / Feesrede dr. Pieter Groenewald (VF Plus) / Ligte middagete
Kontak: Danie Steyn 072 451 6876 / 011 976 1591 / [email protected]

KIMBERLEY
APK Kruisgemeente Geloftefees

AP kerk Kruisgemeente h.v. Queensweg en McDougalstraat, Kimberley
09:00 – Geloftediens ds. Danilo Stoltz / Geskiedenis van die Gelofte van Bloedrivier
Kontak: Annalien Keyser 083 715 1202 / [email protected]

KLEINFONTEIN
Kleinfontein Geloftefees

09:30 – Geloftediens ds. AJ Bezuidenhout / Samesang / Historiese / Bevestiging van Gelofte
Kontak: Jan Groenewald 082 823 6008 / Charel Bezuidenhout 082 255 6531 / [email protected]

KOPPIES
Greenlands Geloftefees

Greenlands Feessaal, Vredefortweg, begraafplaasterrein.
14 Desember: 17:00 – Mini basaar / Kleiduifskiet
16 Desember: 09:00 – Kranslegging / 09:30 – Geloftediens ds. Hennie Hatting / 10:30 – Feesrede Johan Wolfaardt / Saamkuier en eet, bring eie eetgerei.
Kontak: Gert Loggenberg 072 020 9568 – Charlotte Smalberger 0823794457 / [email protected]

KOUGA
Kouga Geloftefees

Lemoenfontein plaas, wat geleë is tussen Port Elizabeth en Jeffreys Baai
11:00 – Samesang / 11:15 – Geloftediens ds. Lee Greyling / 12:00 – Bevestiging van Gelofte / 12:05 – Feesrede / 12:45 – Bring-en-Braai. Bring asb. u eie stoele.
Kontakpersoon – Wentzel Coetzer 072 534 5914 / [email protected]

KROONSTAD
Onder-Heuningspruit Geloftefees

Perdekommando / Lees van Gelofte / Openingsgebed / Samesang / Kinderprogram / Geloftediens ds. Piet Jacobs / Getuienisse / Oorwinningslied / Bring en braai
Kontak: Marius Voigt 082 786 4364 / [email protected]

NG Moedergemeente Kroonstad Geloftediens
09:00 – ds. Herman Kok (APK)
Kontak: Dries Otto 082 923 3113 / [email protected]

Randjieslaagte Geloftefees
Randjieslaagte Geloftefeesterrein
09:00 – Geloftediens ds. Hannes Els (NG) / Feesrede Koos Basson / Verversings
Kontak: Anne-Marie Nigrini 083 631 3362 / [email protected]

Welvaart Geloftefees
Welvaart Feesterrein (ou Lindleypad)
09:00 – Geloftediens ds. Pieter Mohr van Niekerk / 10:00 – Feesrede Chris van Wyk / Voorlaaier-demonstrasie / Braai en kuier
Kontak: Paul Serfontein 082 8011 434 / [email protected]

KRUGERSDORP
Paardekraal Geloftefees

Paardekraal Geloftefeesterrein
06:00 – Oggenddiens ds. Johan van Wyk (Hervormde kerk) / 08:45 – Samesang / 08:55 – Vlaghysing / 09:00 – Voorlees van 1880 Gelofte / 09:10 – Feesrede Rudie Rossouw / 10:45 – Samesang / 10:55 – Voorlees van die 1838 Gelofte / 11:00 – Geloftediens ds. Christo Jooste (APK) / 11:55 – Vlagstryking en Die Stem
Neem asb. kennis dat persone met vreemde kleredrag of uniforms nie op die terrein toegelaat sal word nie.
Kontak: At von Well 082 348 3828 / [email protected][email protected]

LEANDRA
Eendracht Geloftefees

Eendracht Geloftesaal
09:00 – Vlaghysing / 09:30 – Geloftediens ds. Charl van Schalkwyk / 10:00 – Aflê van Gelofte / 10:10 – Feesrede / 11:00 – Samesang / 12:00 – Ete en saamkuier
Kontak: Ds. Markus Pretorius 082 395 1754 / [email protected]

LEEUDORINGSTAD
Brandhoek Geloftefees

Plaas Brandhoek tussen Leeudoringstad en Bothaville op oewer van Vaalrivier.
09:00 – Geloftediens ds. Jackie van Zyl (NG kerk) / Feesrede Japie Venter / Saamkuier
Kontak: Ria Fouche 082 882 0539 / [email protected].

LICHTENBURG
Lichtenburg Geloftefees

CVO-terrein
10:00 – Geloftediens ds. Gerrie Senekal / Feesrede / Tee en koeldrank
Kontak: Theo Goosen 083 200 7286 / [email protected]

Omkyk Geloftefees
09:00 – Opening en feesrede Andrie Meyer (SA Kanonskiet Vereniging) /10:00 – Eie verversings / 11:00 – Lees van Gelofte / Geloftediens ds. Koos Cloete / 12:00 – Kanonsaluut
Kontak: Johan Terblans 084 514 3312 / [email protected]

LINDLEY
Groenvlei Geloftefees

Toegang tot die terrein Saterdag 14 Desember 2019. Volwassenes en hoërskoolkinders – R30; Laerskoolkinders – R20; Kamptarief – Volwassenes R100, skoliere R50 (Toegangsgelde vir instandhouding van feesterrein)
14 Desember: 10:00 – Perderitte / 14:00 – Perdesport / 16:30 – Vlaghysing en boeresport / 18:00 – Braaivleisete (bring donasie) / 19:00 – Saamsing / 19:35 – Toneelspel
15 Desember: 10:00 – Kampeerders-erediens
16 Desember: 09:30 – Samesang / 10:00 – Voorlees van Gelofte en Geloftediens ds. Attie Roux / Spreker Stoffel Cilliers / Afsluiting en Die Stem
Kontak: Kobus van der Berg 082 415 6924 / [email protected]

LYDENBURG
Badfontein Geloftefees

Alwyn Beetge Badfontein Wildsplaas
15 Desember: Vanaf 09:00 – By Rusoord Ouetehuis / 15:00 – Praatjie / 18:00 – Bring en braai met kampvuurkonsert
16 Desember Badfontein Wildsplaas: 10:00 – Perdekommando / Oorhandiging van Bybel, Gelofte en vlae / Geloftediens ds. Lemmer Venter / Eerbetoning / Saluut / Volksliedere sing / Bring en braai en aktiwiteite
Kontak: Nico Cross 082 470 3070 / [email protected]

Lydenburg Geloftefees
Gereformeerde kerk Lydenburg
09:00 – Gesamentlike Geloftediens van gemeentes ds. Abel Steyn
Kontak: Fanus Potgieter 083 454 1167 / [email protected]

Naauwpoort Geloftefees
09:00 Steenkampsberg Boereverenigingsaal
Kontak: Ernst Lategan 082 898 1825 / [email protected]

MACHADODORP
Elandsfontein Geloftefees

14 Desember: 10:00 – Boeresport en skyfskiet / 12:00 – Braai of piekniek / 13:00 – Perdesport / 17:00 – Braai (Bykosse word verskaf, braaipakkies te koop) / 18:30 – Verskeidenheidskonsert / Geselligheid
16 Desember: 05:00 – Oggendsaluut / 06:00 – Biduur / 08:00 – Perdekommando / 09:00 – Vlaghysing / 10:00 – Geloftediens ds. Adriaan Appelgryn (APK) / 11:30 – Feesrede ds. Adriaan Appelgryn / 13:00 – Middagete (Braaipakke te koop / Opruiming
Kontak: Izak Davies 083 701 2243 / Matilde Pretorius 082 878 5570 – [email protected]

MAKWASSIE
Beyersrus Geloftefees

09:30 – Geloftediens ds. Nico Roux / Feesrede prof. Jorrie Jordaan / Samesang / Saameet
Kontak: Cobus Wallis 083 284 6444 / [email protected]

MARBLE HALL
Marble Hall Geloftefees

Marble Hall Laerskoolsaal
09:00 – Geloftediens ds. Koekemoer (NHK) / Feesrede Marius Kruger
Kontak: Gerhard Fourie 082 893 0333 / [email protected]

LOUIS TRICHARDT
Levubu Geloftefees

18:00 – Geloftediens ds. Petrus Kriel / Saamkuier en braai
Kontak: Ds. Petrus Kriel 082 898 2081 / [email protected]

Vetfontein Waterpoort Geloftefees
Vetfontein Feesterrein
14 Desember: Bring en braai (Bykosse word voorsien) / Boeresport
16 Desember: 10:00 – Geloftediens / Gratis ete (Bring stoele, eetgerei en drinkgoed)
Kontak: Lionel 082 877 8695 / Nico 082 560 4563 / Bossie 083 253 9780

MARGATE
APK Margate Geloftefees

AP kerk, Alexanderweg 58, Gayridge
09:00 – Geloftediens
Kontak: Kobie Jacobs 082 896 3236 / [email protected]

MIDDELBURG
Banke Geloftefees

Banke Boereverenigingsaal
09:30 – Samesang / 10:00 – Geloftediens ds. Thys Muller (APK) / 11:00 – Kort oorsig van Gelofte / 11:30 – Bring en braai
Kontak: Lida Botha 082 777 0736 / [email protected]

Middelburg Geloftefees
08:00 – Gesamentlike Geloftediens al vier kerke in NG moederkerk (Wit kerk)
Kontak: Ds. Jaco van Rooyen 079 494 0091 / [email protected]

MOSSELBAAI
Mosselbaai Geloftefees

Mosselbaai Stadsaal, Marshstraat
09:00 – Geloftediens ds. Danie van Dyk / Feesrede Henk van de Graaf (TLU SA)
Kontak: Piet Joubert 082 562 7508 / [email protected]

NABOOMSPRUIT
Naboomspruit Geloftefees

09:00 – Vlaghysing / Geloftediens ds. Jan Claassen (Hervormde Kerk) / Herhaling van Gelofte / Feesrede adv. Jan van Zyl / Vergadering / Sing van Die Stem
Kontak: Charl Heymans 082 458 0235 / [email protected] – Danie Janse van Vuuren 082 801 9217 / [email protected]

Palala Geloftefees
09:00 – Diens gevolg deur ‘n Feesrede wat behartig word deur ds. Pieter en ds. Wickus Malan
Kontak: John van Rooyen by 082 575 5951 of 071 659 0936

NAMIBIË
Stampriet Geloftefees

NG kerk Stampriet
09:00 – Geloftediens ds. WM Snyman
Kontak: Ds. WM Snyman +264813033645 / [email protected]

NELSPRUIT
Nelspruit Geloftefees

NG kerk (Suid)
09:00 – Geloftediens ds. Thys Lourens / Vertelling van geskiedenis ds. Thys Lourens
Kontak: Diederick Scholtz 082 400 1360 / [email protected]

NEWCASTLE
APK Newcastle Geloftefees

AP kerk Loeriestraat 20
08:00 – Geloftediens ds. Coen Janse van Rensburg
Kontak: Tinus Maré 072 383 3981 / [email protected]

ODENDAALSRUS
Saamtrek Geloftefees

Saamtrek Geloftefeesterrein, op S639 Odendaalsrus-Losdoornspad
9:30 – Opening Jaco Grobbelaar / 09:45 – Geloftediens ds. Zak Stolz / 11:00 – Feesrede prof. Piet Strauss
Kontak: Jaco Grobbelaar 082 417 2517 / [email protected].

OHRIGSTAD
Ohrigstad Geloftefees

Potgietersaal, Voortrekker Begraafplaas
08:00 – Kranslegging by Voortrekker Begraafplaas / 09:00 – Geloftediens Potgietersaal
Kontak: Marnus van der Wal 083 751 5536 / [email protected]

OLIFANTSHOEK
Olifantshoek Geloftefees

08:30 – Geloftediens ds. Johan Verdoes / Feesrede Frik Wentzel (Bastion Opleidingsinstituut) / Bring en braai
Kontak: Hennie Fourie 082 784 8655 / [email protected]

ORANIA
Orania Geloftefees

Oewerpark, Orania
08:30 – Voorsang / 09:00 – Geloftediens dr. Wikus Buys / 09:50 – Feesrede Pieter Krige / 10:30 – Verversings en gratis gemmerbier
Kontak: Pieter Bischoff 061 813 8272 / [email protected]

ORANJEVILLE
Saambou Geloftefees

Saambou Geloftefeesterrein (langs plaas van Nicci Oosthuizen)
09:00 – Geloftediens ds. Tommie van Vuuren (Gereformeerde kerk) / Feesrede en geskiedenisvertelling van Slag van Bloedrivier
Ons vier die dag omdat ons voorouers ʼn Gelofte aan God gemaak het en wat ons glo ons moet eerbiedig.
Kontak: Mart Mari du Plooy 082 386 2906 / [email protected]

OTTOSDAL
AWB Geloftefees

Tussen Ottosdal en Delareyville
09:00 – Geloftediens / Feesrede Steyn van Ronge (AWB)
Kontak: Piet Breytenbach 082 578 1631 / [email protected]

OUDTSHOORN
Populiersbos Geloftefees

Oude Muragie, 38 km van Oudtshoorn en 9 km van De Rust
10:00 – Geloftediens ds. Johann Jacobs (APK) / Feesrede
Kontak: Dr Basie Wassermann 082 757 3862 / [email protected]

PAARL
Paarl Geloftefees

Voortrekkersaal by Kloofstraat 16 in Bertville, Paarl
09:00 – Verrigtinge begin om 10:00 onder die leiding van ds. Chris le Roux / Ná die verrigtinge word ʼn piekniekbraai gehou. Bring eie verversings, eetgerei, komberse en stoele.
Kontak: Pieter Burger 068 016 3446 / [email protected]

PARYS
Koedoesfontein Geloftefees
12 km vanaf Parys
10:00 – Samesang / Geloftediens deur ds. De Beer van die Hervormende Kerk Parys / Koffie, tee en verversings sal na afloop van die diens bedien word.
Kontak: Willie Olivier 073 563 8017 / 071 659 1409.

PETRUSBURG
Paardeberg Geloftefees

Perdeberg, 40 km vanaf Kimberley op Petrusburgpad
09:00 – Perdekommando / Geloftediens past. Pieter Coetzee / Feesrede prof. Hennie van Coller / Verversings
Kontak: Wikkie en Aletta Knipe 082 805 5390 / [email protected]

PHILIPPOLIS
Philippolis Geloftediens

Ou kerkie in Waterkloof, 5 km buite Philippolis
09:30 – Geloftediens ds. Henry Scherman (APK) / Tee en verversings
Kontak: Johan Botes 083 273 7482 / [email protected]

PIETERSBURG
Strydpoort Geloftefees

Strydpoort Geloftefeesterrein, 45 km buite Pietersburg op Zebedielapad.
13 – 17 Desember: Kamp gesellig saam
16 Desember: Geloftediens ds. Chard Meyer (NG kerk) / Feesrede Gordon Horn
Kontak: Anneke Muller 082 717 2661 / [email protected]

PLETTENBERGBAAI
Plettenbergbaai Geloftefees

NG kerk Plettenbergbaai, Wittedrift
09:00 – Geloftediens
Kontak: Chris du Preez 082 551 1685 / [email protected]

PIETERMARITZBURG
AP kerk Gelofte-Pietermaritzburg
Bowkerweg 30, Bisley
09:00 – Geloftediens oudl. J.H. le Roux / Voordrag van Slag van Bloedrivier oudl. J.H. le Roux / Die Stem strofes 1 en 4 / Koffie, tee en ligte verversings
Kontak: Christiaan le Roux 082 306 9241 / [email protected].

Pietermaritzburg Noord
NG kerk Pietermaritzburg-Noord, Morcomstraat 89, Prestbury
09:00 – Geloftediens ds. Lucas Meyer / Feesrede / Koffie, tee en verversings
Kontak: Louis Radyn 082 857 2260 / [email protected]; [email protected]

POTCHEFSTROOM
Roepersfontein Geloftefees

Roepersfontein Geloftefeesterrein, geleë in Koepelgebied
08:30 – Skriflesing / 09:00 – Perdekommando / Vlaghysing / Kranslegging (Eie kranse ook welkom) / Sing van volksliedere / 10:00 – Geloftediens ds. Johan Gericke (APK) / Feesrede Johan Fouchee / Die Stem / 12:00 – Besigtiging van kol op senotaaf / Middagete en samesyn
Kontak: Dries Burger by 083 627 1177

Rooipoort Geloftefees
Rooipoort Geloftefeesterrein
09:00 – Lees van Gelofte / Samesang / Geloftediens ds. Hennie Aucamp / Feesrede / Die Stem / Saameet onder die bome
Kontak: Alet 076 979 8310 / [email protected]

PRETORIA
Akasia-De Wildt Geloftefees

Jopie Fourie Feesterrein, 3 km wes vanaf Hornnekspad aan R513 na Brits
Tema: Vryheidstrewe van die Afrikaner: Betekenis van die Groot Trek
08:00 – Vlagparade en samesang / 09:20 – Geloftediens en aflê van Gelofte ds. Johan Schütte (APK HK) / Feesrede prof. Daan Goosen (Akademia) /10:15 – Die Stem / 11:00 – Saamkuier (Bring piekniekmandjie)
Kontak: Gawie Rossouw 072 134 1105 / [email protected]

Kloof Geloftefees
APK Wonderboom, Hesteapark, Pretoria-Noord
08:45 – Geloftediens prof. Gerrit Smit / 10:00 – Feesrede Louis van der Schyff (HNP)
Kontak: Fritz van Graan 082 854 2643 / [email protected]

Bapsfontein Geloftefees
Dalhwinnie, Garsfonteinweg
09:00 – Geloftediens ds. Dawid Nel / Vertelling van geskiedenis dr. Pieter Möller / Saamkuier.
Kontak: Wayne Gibbs 082 818 0696 / [email protected]

Gereformeerde Geloftefees Pretoria-Noord
Gereformeerde kerk Wonderboompoort, Genl. Beyersstraat 256, Pretoria-Noord
Ps. 78:3-4: “Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
08:55 – Geloftediens / Herbevestiging van die Bloedrivier Gelofte ds. Pieter le Roux / 10:30 – Samesang / Historiese vertelling / Gelofte /  Piekniek.
KontakKobus en Kittie Kok 082 670 1961 / [email protected]

Pretoria-Oos Geloftefees
Pioniersmuseum, Silverton Pretoria
09:00 – Geloftediens prof. Willem Boshoff / Gaskunstenaar / Tee en verversings
Kontak: Bessie Keun 082 454 6060 / [email protected]

Roodeplaat-Zeekoegat Geloftefees
Oudste Geloftefees in Pretoria
Gereformeerde kerk Kameeldrift, h.v. Tambotie en Sekelbosweg
08:00 – Geloftediens / Kanon- en voorlaaiersaluut / Uitstallings / Koffie, tee en verversings
Kontak: Ziets Fourie 082 5707547 / [email protected]

Voortrekkermonument Geloftefees
Voortrekkermonument
06:30 – Hekke open / 07:00 – Assegaaihek open / 08:15 – Samesang / 08:30 – Geloftediens dr. Danie Langner (FAK en Die Voortrekkers) / Lees van Gelofte Müller Pretorius / Boekbekendstelling / 11:00 – Hoofhek open vir algemene publiek / 12:00 – Son op senotaaf
Kontak: Annatjie Erasmus 012 326 6770 / [email protected]

Waverley Geloftefees
Waverley Christian Academy Skoolsaal, 28ste Laan, tussen Ben Swart- en Haarhoffstraat
Tema: Verootmoediging
10:00 – Geloftediens ds. Frans Joubert / Geskiedkundige oorsig.
Kontak: Ds. Frans Joubert 073 482 3295 / [email protected]

PRIESKA
Prieska Geloftefees

NG kerk Prieska
08:00 – Kranslegging / 09:30 – Geloftediens ds. Rudi Jansen van Vuuren / Feesrede Carel Boshoff (Vryheidstigting)
Kontak: Koos du Pisanie 083 457 8145 / [email protected] / 084 582 7024

RAMSGATE
Ramsgate Geloftefees

Ramsgate-hoofstrand onder groot tent
09:00 – Geloftediens dr. Mike Heaney / Saamsing / Bring & braai.
Kontak: Wessel Pretorius 082 318 6195 / [email protected]

RANDBURG
Waterval Geloftefees

Laerskool Unika, Abbotstraat, Robindale
09:00 – Geloftefees ds. Johan Pieters (NG) / Feesrede / Koeksisters, tee en koffie
Kontak: Gawie Naudé 083 479 5582 / [email protected]

RUSTENBURG
Middelfontein Geloftefees

Middelfonteinplaas, Derby-distrik
10:00 – Geloftediens Abri van der Heever / Aflê van Gelofte
Kontak: Jaco de Jager 082 854 9984 / [email protected]

Moedwil Geloftefees
Bosveld Oord, Windgatsaal
08:45 – Samesang / 09:00 – Geloftediens past. Deon van Zyl / Geskiedenisvertelling Johan Schoeman / FAK Volksliedere / Verversings
Kontak Johny Cloete 083 417 7517 / [email protected]

Rustenburg Geloftefees
09:00 – Geloftediens ds. Rian Steyn, NG Suid / Geskiedenisvertelling
Kontak: Alet Potgieter 084 332 4199 / [email protected]

SABIE
Sabie Geloftefees

Castle Rock-karavaanpark, Feeshuis
09:00 – Geloftediens gesamentlik, Hervormde kerk bied diens aan
Kontak: Peet Reyneke 082 325 6960 / [email protected]

SECUNDA
Gesamentlike Geloftediens vir Secunda en Louis Trichardt

Nederduits Hervormde kerk, Secunda
09:00 – Geloftediens ds. Martin Meyer / Die Stem (4de strofe) / Videovertoning van Slag van Bloedrivier
Kontak: Werner Ernst 082 663 9408 www.Secundagelofte.wordpress.com

SENEKAL
Senekal Geloftefees

Biddulphsberg Oord, kampterrein
09:30 – Geloftediens ds. Stefan Terblanche / Boeresport, swem, jukskei, sakresies, ens. / Bring en braai (eie drinkgoed, eetgerei en stoele (pap en sous word voorsien, melkterte en koeksisters te koop)
Kontak: Ds Stefan Coetzee 082 386 7675 / [email protected]

STELLA
Plesier Geloftefees

Plaas Plesier, tussen Stella en Mafikeng
14 Desember: 16:00 – Saamkuier / Jukskei / Toneelopvoering / Fakkelloop
16 Desember: 10:00 – Feesrede / 11:00 – Geloftediens / 12:00 – Saam eet
Kontak Tina le Roux 083 298 1537 / [email protected]

STERKRIVIER
Sterkrivier Geloftefees

Hanglip Boeresaal
09:00 – Geloftediens ds. Jaco Putter (Gereformeerde kerk) / 10:30 – Spreker Jas Hansen (Oudskoolhoof)
Kontak: Bertus Möller 083 448 4784 / [email protected]

SWARTRUGGENS
Brakkloof Geloftefees

Terrein van ou Brakkloofskool – Geloftefeeskomitee hou geboue en terrein in stand en vier meer as 100 jaar lank hier die Geloftedag
09:00 – Voorafsang / Geloftediens ds. D.H.P. Wijnbeek / Volksliedere / Feesrede Mardie Steenkamp / Verversings en saamkuier
Kontak: Welma Els 083 479 6335 / [email protected]

THABAZIMBI
Leeupoort Geloftefees

Leeupoort-karavaanpark, Saal
09:00 – Geloftediens ds. Paul Buitendag
Kontak: Pieter Bodenstein 082 410 1655 / [email protected]

Swaershoek Geloftefees
Tema: Alleen aan God die eer
09:00 – Vlagseremonie / Voorlaaier- en kanonsaluut / Geskiedenisvertelling / 10:00 – Geloftediens ds. Herman Erasmus (APK) / 11:15 – Samesang en Feesrede ds. Aubrey Hough (APK) / 12:00 – Gesamentlike ete
Kontak: Danie & Cecile Nel 082 872 4144 / [email protected]

THEUNISSEN
Theunissen Geloftefees

Gereformeerde kerk Theunissen
09:15 – Geloftediens gemeentes gesamentlik / Tee en verversings
Kontak: Monté Pienaar 078 448 5858 / [email protected]

THORNHILL
Kouga Geloftefees

Plaas Lemoenfontein naby Gamtoosriviermond, tussen PE en Jeffreysbaai
11:00 – Samesang / 11:20 – Geloftediens ds. Lee Greyling / 11:55 – Ander Geloftes Jan van Riebeeck en Paardekraal / 12:00 – Bevestiging van Gelofte / 12:05 – Feesrede ds. Gideon Aggenbach / Die Stem / 12:45 – Bring-en-braai (bring stoele)
Kontak: Wentzel Coetzer 072 534 5914 / [email protected]

TWEELING
Hooggelegen Geloftefees

Geleë tussen Petrus Steyn, Frankfort en Tweeling
13 Desember: 19:30 – Toneelspel (R20 volwassenes/R50 kinders)
14 Desember: 09:00 – Monumente-toer / 14:00 – Koorsang / 15:30 – Boeresport / 18:00 – Braai (R40 p.p. bring eetgerei en stoele) / Konsert Coert en Sarel (R20 volwassenes, R10 kinders)
15 Desember: 10:00 – Koorsang / Erediens ds. Ruan Combrinck / 18:00 – Skuifievertoning / Rolprentvertoning van Bloedrivier
16 Desember: 08:00 – Biduur / 09:30 – Geloftediens ds. Ryno van As / Lees van Gelofte / Spreker ds. Ruan Combrinck
Kontak: Willem Lotter 082 854 9045 / [email protected]

TZANEEN
Tzaneen Geloftediens

CVO Skool Feesterrein
15 Desember: Karel Treghardt kakebeenwa, plaaslik gebou in 1988 vir 150-jarige herdenking van Groot Trek, op terrein in tipiese Voortrekker-uitspanning te besigtig.
09:00 – Geloftediens ds. Adriaan van Tonder / Koffie en kuier by die wa
Kontak: Allan Campbell 083 635 7732 / [email protected]

Letaba Geloftefees
Fonteinplaas Feesterrein op R71, 12 km vanaf Tzaneen, rigting Letsitele
09:30 – Geloftediens ds. Chris Denysschen (APK) / Feesrede Johan Grobler (Afrikaner Nasionalistiese Beweging) / Ligte versnaperinge sal bedien word.
Kontak: Dirk Joubert 081 323 9938 / [email protected]

Magoebaskloof Geloftefees
Plaas Kromdraai (Cheeriopad R71)
Vir bykans 30 jaar elke jaar gehou
10:00 – Geloftediens ds. Thinus du Plessis / Kuier en bring en braai, gesinsgeleentheid
Kontak: Schalk en Bettie van der Merwe 076 458 1282 /[email protected]

UPINGTON
Giel Kriel Geloftefees

Volle Evangelie kerksaal, 3de Laan
09:30 – Geloftediens ds. Chris Lombaard / Feesrede Tiaan Theron / Piekniek
Kontak: Yvonne de Jager 083 655 2083 / [email protected]

VANDERBIJLPARK
Vanderbijlpark Geloftediens

Derde Kruis Gemeente, Prinsloostraat
09:00 – Geloftediens ds. Deon Senekal / Geskiedenisvertelling / 10:00 – Kuier rondom koppie koffie
Kontak: Suzette van der Merwe 083 270 5536 / [email protected]

VANRHYNSDORP
Lankverwacht Geloftefees

Lankverwacht Gasteplaas & Kampeerterrein
08:00 – Oggendgodsdiens / 08:30 – Vlaghysing / 09:00 – Geloftediens ds. H. Gotham / 09:45 – Aflê van Gelofte / 10:15 – Feesrede / 11:45 – Gesellige verkeer en ete (bring eie eetgerei)
Kontak: Sakkie van der Merwe 071 868 0413 / [email protected]

VEREENIGING
Volkskansel Geloftefees
Laerskool Voorwaarts-saal, Neethlingstraat 224, Riversdale, Meyerton
09:30 – Geloftediens Ev. Essie Esterhuizen / Feesrede Hennie le Roux / Bring & braai.
Kontak: Hennie le Roux 084 6888 713 / [email protected]

Vaal Geloftefees
Lion’s Creek-lapa, Donaldweg, Glen Donald (Drie Riviere)
10:00 – Samesang / Geloftediens ds. Dirk Dykstra (Gereformeerde kerk) / Geskiedenisoorsig
Kontak: Robert Fourie 083 653 2514 / [email protected]

VERKEERDEVLEI
Rietfontein Geloftefees

Rietfontein Feesterrein
Kom kamp saam vanaf 14 Desember
15 Desember: 15:30 – Vlaghysing / 16:00 – Biduur / 17:00 – Boeresport / 18:30 – Skaapbraai / 20:00 – Konsert en kinderprogram
16 Desember: 09:30 – Feesrede M.C. Heunis / 10:15 – Koek en tee / 11:00 – Geloftediens ds. Gert Terblanche / 12:00 – Middagete
Kontak: Quinton Ferreira 083 377 9035 / [email protected]

VERMAAS
Rietspruit Geloftefees

Gereformeerde kerk Uitschot
09:30 – Geloftediens / Steak-ete te koop
Kontak: Jannie Breytenbach 082 872 9560 / [email protected]

VOLKSRUST
Majuba Geloftefees

Majuba Feesterrein
09:40 – Vlaghysing en erewag / 09:45 – Verwelkoming / 09:50 – Samesang / 10:00 – Voorlees van Gelofte / Geloftediens ds. Martin Jordaan / 11:30 – Feesrede prof. Erik Holm / Die Stem / 12:30 – Uitstalling en verduideliking van die 67 waens / 13:00 – Middagete (Braai)
Kontak: Ds. Paul Buitendag 082 853 8900 / [email protected]

VILJOENSKROON
Viljoenskroon Geloftediens

NG kerk Viljoenskroon
09:00 Geloftediens ds. Petrus Harmzen / Kuier en verversings
Kontak: Louis Botha 083 411 9544 / [email protected]

VREDEFORT
Dewetsdrif Geloftefees

09:00 – Geloftediens / 10:00 – Feesrede prof. André Duvenhage (NWU Potch) / Verversings en wegneemetes
Kontak: Stefan du Toit 083 540 7375 / Chris Reyneke 072 467 8779

VRYBURG
Grootpan Geloftefees

Grootpan Geloftefeesterrein, tussen Vryburg en Delareyville
10:00 – Geloftediens / Kerrie en rys
Kontak: Cilliers Snyman 083 383 4190 / [email protected]

WARMBAD
Berlyn Geloftefees

Plaas Berlyn, 35 km buite Warmbad naby Settlers
09:00 – Vlaghysing / 10:00 – Geloftediens past. Gielie (AGS).
Kontak: Kassie Pretorius 060 566 3194 / [email protected]

Mabula Geloftefees
Mabula Boeresaal
09:00 – Geloftediens ds. Neels van Tonder / Feesrede dr. Gideon Grobler / Gesamentlike ete (bring net eie eetgerei, slaai en drinkgoed)
Kontak: Theo Ahlers 082 824 7321 / [email protected]

Geloftediens Gereformeerde Kerk Warmbad
Gereformeerde kerk Warmbad, h.v. Oosthuizen- en Kwaggastraat
09:00 – Geloftediens ds. Bernard Hattingh / Lees van Gelofte
Kontak: Ds Bernard Hattingh 082 373 2590 / [email protected]

Warmbad Geloftefees
NG kerk Warmbad-Wes, h.v. Gilfillan- & Oosthuizenstraat
Tema: Quo Vadis? Die trekgeskiedenis saam met God en wat ons vandag daaruit kan leer.
08:40 – Samesang / 09:00 – Feesrede Faan Rabie (Radio Pretoria) / Bou ossewa / Gedig voorlesing / 09:40 – Geloftediens ds. Bernard Hattingh (Gereformeerde kerk) / 10:15 – Saamkuier en verversings / Gratis Geloftefeesboekie
Kontak: Reint van de Pol 082 563 7602 / [email protected]

WELKOM
Welkom Geloftefees

Hoër Tegniese Skool Welkom
09:00 – Geloftediens / DVD oor geskiedenis / Kuier, verversing en waatlemoen
Kontak: Weitz Botes 082 780 8518 / [email protected]

WITBANK
Witbank Volkskansel Geloftediens

Portugese Saal Witbank
09:00 – Geloftediens ds. Ben Strijdom / Feesrede Johan Greyling
Kontak: Johan Greyling 082 701 0652 / [email protected]

Witbank Geloftefees
NG kerk Vallei, Kiepersollaan 97, Tasbetpark
09:00 – Geloftediens ds. Hannes Grobler / Feesrede Victor Schultz / Verversings.
Kontak: Leon Viviers 082 894 5755 / [email protected]

WOLMARANSSTAD
Doornpan Geloftefees
09:15 – Perde-optog / Kranslegging / Oorsig van Gelofte Pieter Greyling / Lees van Gelofte Willem Grobbelaar / 10:15 – Geloftediens past. Willie Massyn / Die Stem / 11:30 – Gaskunstenaar Cathy Viljoen / Oorwinningslied / Spitbraai
Kontak: Willem Grobbelaar 083 264 2472 / [email protected]

ZEERUST
Bokkraal Geloftefees

Bedien omliggende dorpe: Koster, Swartruggens, Groot Marico, Zeerust en Lichtenburg
09:30 – Biduur en lees van Gelofte / 10:00 – Geloftediens ds. Faan Visser / 11:45 – Feesrede Bennie van Zyl (TLU SA) / Die Stem / Middagete
Kontak: Evert du Preez 083 635 6528 / [email protected]

Rietvallei Geloftefees
Ou Kosterpad
10:00 – Geloftediens ds. Stephan Botha / Geskiedkundige vertelling
Kontak: Wilma Huyser 083 308 8215 / [email protected]

 BUITELAND

NIEU-SEELAND, CHRISTCHURCH
ACK Christchurch Geloftediens
30 Tresillian Drive, Rolleston, Christchurch
19:00 – Geskiedenisoorsig Daan Roux / Geloftediens Salmon van Huyssteen / Saamkuier en tradisionele verversings soos melktert, koeksisters en biltong met koffie en tee, asook pap en wors
Kontak: Daan Roux +64 21 1285128 / [email protected]

VSA
CROFTON, MARYLAND
Marisa Haasbroek en gesin
1111 Soho Ct., Crofton, Maryland, VSA
Gesinsgeleentheid
Kontak: Marisa Haasbroek [email protected]

LEXINGTON, KENTUCKY
500 Persimmon Tree Road, Lexington, SC 29072
Gelofteherdenking deur Ferdi Fourie en gesin
Kontak: Ferdi Fourie +1(402)659-8439 / [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Liezel Hoepfner ·

Daar is in Ellisras (Lephalale) ook om 08:00 ‘n erediens by die NG Kerk Albertyn.

Henk ·

Amen! Ek is verheug om te sien hoe wyd die gelofte herdenk word.

Cauin ·

Net so jammer dis juis die’ ds’e wat die wingerd verniel wat ek nou raaklees . Esegiel .. Dis die wat nie wou saamtrek en die trekkers onder sensuur geplaas het . Kry daardie slegte skulpvis geeet gevoel as ek een se heilige stem hoor . Charl Celliers het dit maar gedoen . Dit gaan druk genoeg , kom tot bekering , dan sal Hy ons vyande weer voor ons uitverdryf

Trots Afrikaans ·

In Namibia is daar nog ń Gelofte gironde op plase waar die boere in die distrik by bymekaar kom.
Daar is ook kerke, soos bv. Gereformeerde kerke in Namibia wat dienste hou op die 16de.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.