Gedagte vir die dag: Geloof

hand_veld_son_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. (Hebreërs 11:6)

Om te lewe soos God van jou vra, is onmoontlik as jy nie in Hom glo nie. As jy regtig naby Hom wil bly en sy wil voorop wil stel in jou lewe, is dit noodsaaklik dat jy vas sal glo dat Hy dáár is en dat Hy dié mense wat Hom soek met oop arms sal ontvang.

Geloof is die enigste ding wat jou in die regte verhouding met God kan bring. En dit is net God wat geloof in jou hart kan bewerk.

Geloof beteken nie om te glo sonder bewyse nie, maar om te vertrou sonder voorbehoud. ~ Elton Trueblood

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Here vir die gawe van geloof……aan U die dank, lof en eer

Androclus

AMEN

Cherokee

My beskrywing van Geloof is
‘om te Glo is om te Weet’
want ek glo nie net nie maar weet Hy is Koning!