Gedagte vir die dag: Geloof en dankbaarheid soos ‘n kind

child-praying1 Petrus 5:8 –  “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.”

Die vyand doen dit deur gedagtes in ons te plaas om onsself met ander te vergelyk omdat hy weet dat as ons afsteek ons ontevrede kan begin raak. Juis hierom lees ons in Romeine 12:2: “Moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Een van die beste maniere vir Dankbaarheid om terug te veg wanneer Onvergenoegdheid ’n vuishou ingekry het, is om bewus te wees van wat in jou gedagtes aan die gang is. Sodra jy agterkom dat jy besig is om jouself met ander te vergelyk, kan jy die gedagtes stopsit en doelbewus dink aan iets in daardie area waarvoor jy wel dankbaar kan wees. Byvoorbeeld, jou vriendin vertel jou van ’n romantiese uitstappie waarop haar man haar geneem het. Jy hou ook van uitstappies, maar jou man is nie romanties nie. In stede daarvan om hom te verwyt kan jy jouself herinner daaraan dat hy ten minste lojaal aan jou is en jou met die kinders help. Of jy hou dalk niks van jou huidige werk wat jy doen nie. Onthou egter dat daar heelwat werkloses is wat wat sou gee vir ’n werksgeleentheid – ook joune.

Wie loop tans voor op die telbord in jou gedagtewêreld – Dankbaarheid of Onvergenoegdheid? Kom ons herken die stryd en beveg dit reg sodat ons op die einde kan verseker dat Dankbaarheid onder ’n luide applous met hande in die lug sal staan omdat hy as die wenner uit die stryd tree! Sterkte.

Gebed: Vader God, baie dankie vir elke genadegawe wat ek uit U hand ontvang het. Ek is dankbaar vir (noem spesifiek in jou lewe waarvoor jy dankbaar is). Help my om my gedagtes te bewaak om nie onvergenoegd te raak deur myself met ander te vergelyk nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus.

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.