Gedagte vir die dag: Geloof in God     

boer-diversityreporter_com1.jpg

Foto: diversityreporter.com

Julle moet geloof hê in God. (Markus 11:22)

God wil hê ek en jy moet geloof hê in Hom. Die Here wil hê ons moet daadwerklik wandel in die geloof; Hy stel nie belang in ons pogings nie. Wanneer ons die einde van ons krag en vermoëns bereik, is dit tyd vir ons om werklik geloof in God te hê. Ek dink baie van ons is vandag in daardie posisie.

Ons lees in Romeine 5:3-4: “Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting.” Dit is hoekom Paulus sê ons moet in ons swaarkry volhard. Ons geloof groei juis deur die moeilikhede van die lewe; daardie tye wanneer dit lyk of alles skeefloop. Wat is geloof dan? Wel, geloof is die vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur (Hebreërs 11:1). Glo eenvoudig in God, en dan sal niks vir julle te veel wees nie.

My tweede oudste seun, Fergie, is ’n beesboer. Hy het twee jong seuns en hy is besig om hulle te leer hoe om beeste met ’n tou te vang. Wanneer hulle veld toe gaan en ’n siek dier sien, vang hulle dit met ’n vangriem. Hulle kry die dier dan sover om op die grond te lê sodat hulle dit kan dokter terwyl die res van die kudde aanhou wei. Ek hou baie daarvan om te kyk hoe hulle dit doen. Fergie se oudste seun, Buckies, probeer altyd sy bes om die dier met die vangriem te vang, maar hy kry dit nie altyd reg nie. Hy sal dan einde ten laaste opsy staan sodat sy pa die dier kan vang. Hy vertrou sy pa en sy pa leer hom hoe om dit te doen.

Ek en jy moet ook ons hemelse Vader vertrou. Hy sal dit vir ons doen, en Hy sal ons wys hoe om in die geloof te wandel.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.