Gedagte vir die dag: Geloof in Jesus se genesingskrag   

uitgestrekte_hand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak. Sy het vir haar self gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” (Matt 9:20-21)

Hierdie vrou het Jesus se wonderwerke gesien en sy het geglo en vertrou dat Hy haar gesond kon maak. Jesus het haar nie eens sien aankom nie, maar Hy het gevoel hoe die krag uit sy liggaam vloei en die vrou was dadelik gesond. Toe sy haar hele verhaal vir Hom vertel het, het Jesus vir haar gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.”

Die offisier het na Jesus toe gekom en Hom gevra om sy slaaf gesond te maak (Matt 8:5-13). Die Here het gesê: “Ek sal hom kom gesond maak.” Die offisier het gesê hy verdien dit nie dat Jesus na sy huis toe kom nie. “Sê maar net ’n woord en my slaaf sal gesond word.” Toe Jesus hierdie woorde hoor, was Hy verwonderd en Hy het gesê: “Ek het nog by niemand in Israel so ’n groot geloof teëgekom nie.” Toe het Hy na die offisier gedraai en gesê: “Gaan terug en wat jy geglo het, sal gebeur.”

Hoe sou jy die sin van die vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het vandag voltooi? Wat het jy vandag in jou lewe nodig? Gaan na jou Here toe, steek jou hand na Hom toe uit, en sê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek … ” Die Here sal op jou volkome vertroue in Hom reageer.

Here Jesus, ek steek vandag my hand na U toe uit. As ek maar net aan u klere kan raak, sal ek … (jy kan nou vir die Here van jou behoeftes vertel).

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Agie ·

Amen
Here, ons vriend het kanker
U het melaatsheid, blindheid, verlamming genees. Dooies opgewek. As dit U wil is, Here, maak hom gesond. In die Naam van Jesus Christus. Amen

Rina Engelbrecht ·

Ek wil ook net se Here,genees my asb asook my familie.
Amen

Marlene ·

Jesus ek le my sussie vandag by U voete neer vir genesing van kolon kanker U reeds bewys dat haar telling van 460 na 22 is????en weet U sal haar volkome genees wat U werk deur die dr’s. Genees ook die wat nou vra vir U en wees met hulle almal in Jesus naam Amen????. Wat ons vra in gebed is U klaar besig meer ons moet net vertrou en glo????

Maria ·

Nuwe vertaling Mat 9:21en 18:28 en 8:10 en 9:28-29 Markus10:52
Ek GLO mett my hele hart dat U Raffa sal my genees en dankie dat ek kan GLO en gebede reeds verhoor saam met my mede mense op die kommentaar!!

Karoolsie ·

Here ek vra u vandag om my te help, ek het ñ Groot fout begaan…..help my Asseblief
In Jesus naam AMEN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.