Gedagte vir die dag:  Geloof is ’n groeiproses

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Sorg dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. (2 Petrus 3:18)

Dis betreklik eenvoudig om te bepaal of jy geestelik groei of nie: Is gebed ’n dinamiese krag in jou besluitneming? Is die Skrif vir jou die openbaring van God se wil vir jou lewe? Is jy enigsins nader aan Christus as wat jy was met jou weergeboorte?

Dit verg moed en absolute eerlikheid om hierdie vrae te beantwoord. Indien die Gees ingeroep word, sal jou geestelike pligsversuim in al sy aakligheid aan jou blootgelê word. Maar ten spyte van mislukkings sal die Heilige Gees jou inspireer om ’n bewustheid van Christus se teenwoordigheid te ontwikkel.

Hierdie soort groei het geen einde nie. Hoe meer jy bewus word van Christus se teenwoordigheid, hoe groter word jou liefde vir Hom.

U is die ware wingerdstok, Here. Weerhou my van die verderf. Help my om waarlik vrugbaar te bly in U. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Von ·

Here van Genade bly by my tot in alle ewigheid is U my Redder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.