Gedagte vir die dag: Geloof maak jou ’n oorwinnaar

man-with-open-arms-705x335.jpgLees: 1 Johannes 5:1–5

Enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? (1 Johannes 5:4–5)

God se kinders kan die sondige wêreld deur hulle geloof oorwin, so belowe ons kernteks. Omdat ons in Jesus glo, kan ons daarin slaag om te leef soos God van ons vra. ‘Om God lief te hê beteken om sy opdragte ernstig op te neem en uit te voer. Wat Hy van ons verwag, is nie moeilik om te doen nie, want elke kind in die familie van God is ʼn wenner, ’n wenner oor hierdie sondige wêreld,’ bevestig Die Boodskap se weergawe van 1 Johannes 5:4–5.

As jy glo, is jy rééds ’n wenner. Dit ís dus vir jou moontlik om te leef soos God dit vir jou in sy Woord uitstippel. Paulus voer hierdie gedagte nog verder in Romeine 8:37 waar hy skryf dat gelowiges méér as oorwinnaars is. Ja, saam met Christus is jy selfs meer as ’n oorwinnaar omdat God vír jou is. Niks is immers vir Hom onmoontlik nie, en daardie wonderwerkende krag stel Hy tot jou beskikking! Daarom kan jy saam met Paulus bely: ‘Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee’ (Fil 4:13).

Nou moet jy die oorwinning wat Jesus reeds behaal het op elke lewensterrein gaan proklameer, skryf Die Bybellennium. Doen dit!

Here Jesus, ek loof U dat ek méér as ’n oorwinnaar mag wees omdat ek in U glo. Ek eien nou u krag vir my toe, sodat ek die sondige wêreld op elke terrein kan oorwin.

Bron:
Leef in Sy lig deur Nina Smit
Uitgewer: Struik
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie ·

Ek is baie lief vir die Here en bid vir ‘n vrou vir my…

Johann ·

Elkeen behoort die sondige wêreld in homself te oorwin, as ons regkry dat elkeen van ons sy eie sonde in homself oorwin, oorwin ons die wêreld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.