Gedagte vir die dag: ’n Geloof wat oorwin

sonsopkoms_lewe-voluit_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lees 1 Johannes 5: 1-6

En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? (1Johannes 5:4-5)

Geloof” is ‘n groot woord. Daar word baie dinge, kragtige dinge, regstreeks daaraan gekoppel. Ons praat van geloofsgenesing, byvoorbeeld. En geloofsvertroue. En geloofsheld.

Hoe groter die geloof, lyk dit, hoe kragtiger die gevolge, hoe wonderbaarliker die genesing, hoe skouspelagtiger die heldedaad. Ons lees sulke verhale in die Bybel, en tot vandag toe hoor ons sulke stories wat hulle iewers in ‘n saal of ‘n tent, ‘n hospitaal of op ‘n verhoog, in ‘n binnekamer of sommer op straat afgespeel het.

’n “Groot geloof” is ‘n eretitel, ‘n beskrywing wat met bewondering gemaak en heimlik begeer word. Dikwels as onmoontlik betreur word. Ja-nee, by die meeste van ons rym “geloof” met “gewoon”, en is die gepaste voorvoegsel alte dikwels “klein”.

Wat sal ons doen om dit anders te maak? Hoe kan ons ‘n groot geloof verkry, een wat minstens groot genoeg is? Johannes se: Gehoorsaam die gebooie! Dit is nie moeilik nie, se hy, enige Godskind kan dit regkry.

Sjoe! Daardie gebooie … en ek? Nee, dit is beslis onmoontlik!

Maar miskien is daar tog hoop vir mense soos ek. Johannes sê enigeen van God se kinders sal dit regkry. Kinders, ja. Daardie kinders wat nie self kan nie, wat opgetel moet word, gedra moet word. Wat hul geloof met ‘n lepel moet inkry en met wie mooi gepraat moet word voordat hulle hul mond wil oopmaak.

Here, my Vader, my Moeder, voed my elke dag met die brood van die lewe!

Bron:
Uit die Beek 2018 deur Barend Vos
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Veritas ·

Barend, God noem Homself die ‘Vader’. Om watter rede sal jy Hom nou Moeder wil noem? Ek weet nie of jy kinders het nie, maar sal jy daarvan hou indien hulle jou ‘Mamma’ noem? Stellig nie.

SNEL ·

Nêrens in die Bybel word God met n moeder of n vrou vergelyk nie. Nes n man die hoof van die huis is, is God Hoof oor alles en kan ons Hom nie vergelyke met n vroulike figuur nie. Hy is n Vader en n Vriend, Bruidegom, maar nooit ooit n vrou of moeder of n vriendin nie. Hy het gesag nes n man gesag in die huis dra. Man en vrou na God se beeld geskape, man wil bv beskerm en vrou wil versorg, so het God dit wat ons man en vrou maak, maar Hy bly manlik. God is alles wat ons nodig het nes Hy is, Hy is Volmaak. Al het ek my ma verloor, kan ek my troos in Hom vind, sonder dat ek moet dink Hy is n vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.