Gedagte vir die dag: Geloofskrisis: Geloof of hoogmoed

see_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos. Die regverdiges, daarenteen, sal deur hulle geloof lewe. (Habakuk 2:4)

Habakuk was vol vrae vir God. Hoe kon God dan so ’n bose volk soos die Babiloniërs gebruik om Israel te straf? God het gesê: “Moenie toelaat dat hoogmoed julle daarvan weerhou om te sien wat Ek doen nie. Julle moet elke dag getrou lewe en vertrou dat Ek weet wat Ek doen.” Het jy ’n hele klomp vrae vir God? Is jy bereid om Hom te vertrou en te wag totdat Hy gereed is om jou vrae te beantwoord?

Regverdige God, ek vertrou op U. Maar soms is dit ontsettend moeilik met soveel vrae wat in my kop rondmaal. Gee my die nodige geduld om elke dag u liefde in gehoorsaamheid te ervaar. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cornelia ·

Amen. U las is lig en U juk is sag. U is sagmoedig en nederig van hart. Maak my ook so Here. Hou my oë op hoër winste en gehoorsame werke eie aan Jesus se leiding en lyding. U is my daaglikse brood. Dankie Here.

SNEL ·

Goeie gedeelte die hele 3 hoofstukke van Habakuk. Wat vir my opvallend is, hy het vrae gevra, maar slegs om te weet wanneer God uitkoms gaan gee… wat God se plan is. Hy het deur alles op God vertrou vir uitkom, hy het nie gebid en God BLAMEER nie, maar het geweet God is in beheer. Sy hounding, sy geloof en vaste vertroue op God, n GROOT les en voorbeeld vir my. Hy het bly glo… Romeine 1:17, Galasiërs 3:11, Hebreërs 10:38, Hebr 11:6. Geloof is n baie belangrike faktor. Waar kry ek geloof, Romeine 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God….ons moet die Bybel meer in die hand hê as ons selfoon. Habakuk was bekommerd dat God hulle vyand teen hulle wil gebruik, maar in H2:8 wys God hom hulle is net so sondig en doen dieselfde goed as die Babeloniërs. Miskien moet ek ook in tugtiging eers na myself kyk en my hounding en wat ek kan leer of verander, voordat ek dink ek verdien dit nie. Selfs Habakuk het terug gedink aan wat God gedoen het vroëere tye (H3:2) en daardeur het hy geloof en hoop behou.. so glo ek. Ons word versterk ook as ons terug dink wat God al vir ons gedoen het, deur getuienisse van ander. Iets om ook te onthou is (H3:17-19) ons moet glo en vashou al lyk dinge hoe sleg, God bly in beheer, al val 10000 langs my, STAANvas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.