Gedagte vir die dag: Geluk bo alles, of vrede in Christus?

 see_oseaan_sonsondergang_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is. (Filippense 4:7)

Die een ding waarna die meeste mense op aarde streef, is geluk. Party wil ’n huisie by die see hê; ander wil net vrede hê; ander soek net ’n groot sak vol geld.

Studie op studie oor die wêreld heen oor geluk toon aan dat die meeste mense geluk verbind met stabiele lewensomstandighede, gesondheid en persoonlike voordele. So lank as wat daardie vraag: “What’s in it for me?” die botoon voer wanneer geluk ter sprake is, sal dit situasie-gedrewe wees.

Ware geluk, daardie vrede van die siel, gaan oor veel meer. Dit is om by God rus te vind. Dit is om in vrede met Hom en ander te leef. Ware geluk bring ons gejaagde harte tot bedaring. Dit laat ons harte op die maat van God se hemelse ritme klop. Dit laat ons rus vind aan sy voete, selfs al is ons bedrywig. Rus is die uitvloeisel van ’n goeie lewe saam met die Here. Rus is ’n daaglikse realiteit in Christus.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.