Gedagte vir die dag:  Hoe gelukkig is jy?

Vroue_gelukkig_berg_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. (Johannes 15:5b)

Statistiek sê dat net 20% van eerstewêreld-mense hulself as regtig gelukkig ag.

Nou wonder ek: Waarom is dit so dat ons moderne mens, wat eintlik relatief “goed” versorg is, so sukkel om gelukkig te wees? Is dit juis omdat ons onsself so oorlaai met nuus, inligting, moet-doen- en moet-wees-dinge? Of is dit so dat ons onsself te ernstig opneem … dink dat dit ons verantwoordelikheid is om te sorg dat die wêreld aanhou draai.

Dan kom ons by ’n baie eenvoudige gemeenskap waar mense met die absolute minimum klaarkom en maand tot maand net-net oorleef, en daar beleef ons dan opregte vreugde in die manier hoe hulle praat, leef, met mekaar omgaan, lag! Is dit omdat hulle vanuit ’n plek van nederigheid en eenvoud geluk in die gewone en alledaagse vind en nie verwag dat die wêreld om húlle moet draai nie?

Ek wonder of ons onsself nie té belangrik ag nie? Dalk moet ons weer onthou dat ware vreugde daarin lê dat ons niks uit onsself is nie, maar álles is in Hom.

Vader-van-vreugde, laat my raaksien wat u soort blydskap is.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.