Gedagte vir die dag: Gelyke behandeling vir almal

hand-gee-uitreik-hulp

Foto: Milivanily/Pixabay.com

En tog beledig julle die arm persoon! Is dit nie juis die rykes wat julle onderdruk nie, en is dit nie húlle wat julle voor die hof sleep nie? (Jakobus 2:6)

Ek skakel my huishulp op ‘n dag terwyl ‘n leerder wag om met my te praat. Ek verduidelik aan haar dat die brood oud is en sy vir haar hawermout moet maak vir ontbyt. In dieselfde asem noem ek dat haar bord met gekookte kos in die mikrogolfoond is. Toe ek aflui, merk die leerder op my huishulp eet baie luuks. Ek verduidelik toe dat sy presies eet wat ons eet omdat ons nie onderskeid tref nie. Ons lees in Jakobus 2:6 dat ons nie arm mense anders mag behandel nie. Jakobus se vir die gelowiges dat dit gewoonlik die ryk mense is wat hulle hof toe sleep. Ons mag nooit onderskeid tref tussen ryk en arm nie. Ons is almal gelyk voor God.

Ons is so maklik bevooroordeeld teenoor ander mense. Ons laat ons beïnvloed deur ander mense, hulle klere, waar hulle bly en hoe hulle lyk. Jakobus se duidelik as ons mense op hulle uiterlike beoordeel, doen ons sonde. Dit is nie ons voorreg om te oordeel nie. God alleen sal op die laaste dag oordeel.

As Christen is dit ons plig om ander met naasteliefde te behandel. Behandel mense soos wat jy graag behandel wil word. Dan vervul jy God se wil in jou lewe. Dan leef jy die liefde.

Moenie ander op hulle uiterlike veroordeel nie. Dit beteken jy moet jou huishulp en tuinman mooi en menswaardig behandel. Jy gaan die dame wat die tee by jou werk maak, bedank. Jy gaan arm mense eer deur hulle so te behandel dat hulle graag in jou teenwoordigheid sal wil wees.

Maak jou hart oop, sien die mens agter die klere en velkleur raak. Sien die behoefte, seer en vernedering van ander. Dit verander jou lewe vir altyd.

Here, ek mag nie veroordeel en neerkyk o ander nie. Maak my hart oop dat ek alle mense sal eer. Amen.

Bron:
Met ‘n lied in die hart deur Marietjie Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish ·

Min predikers/ pastore ens, het die guts om hierdie waarheid te predik, Baie min.
Die praktiese uitlewing daarvan is maar yl tussen Christene en ander gelowe gee eintlik die toon aan in die uitlewing hiervan .
Gift of the givers is n uitstekende voorbeeld van so n groep wat hulp verleen sonder onderskeid. Hul het sopas n paar sterk boorgate gesink vir n dorp in die Wes Kaap wat ernstige droogte ervaar.
Daarteenoor word berig van n voorspoed prediker wat in n ongeluk was met sy BMW X5. R1m se voertuig. Gebless en gedress.
Daar is groot fout met ons uitlewing van die evangelie.

Maggie ·

Ek glo ook dat ons ander minder bevoorregte mense meer moet seën, maar nie met geld nie. Ek sal eerder kos uitdeel. Of poging aanwend om klere vir hul kinders of selfs vir hulself te gee. Die kans is goed dat dit ook verkoop kan word vir drankgebruik, maar ten minste rus dit dan nie op my gewete nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.