Gedagte vir die dag: Gemeenskap en gebed

 kanaal_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

U maak die ploegvore vol water. (Psalm 65:11)

Wat is hierdie “ploegvore” wat oorloop met goeie dinge vir ons? Een spesiale een is sekerlik die ploegvoor van gebed. Gelowiges wat baie tyd in hul gebedskamer deurbring, sal nooit ’n tekort hê aan geestelike voedsel nie. Wanneer jy met God in gebed worstel, word jy sterk, selfs al is die worsteling soms moeilik.

Daar is nog ’n ploegvoor wat vir die Christen oorloop: die ploegvoor van gemeenskap. Hoe wonderlik is dit om in gemeenskap met Jesus te leef! Daar is geen woorde op aarde om hierdie heilige kalmte te beskryf nie. Daar is selfs min Christene wat dit verstaan. Hulle bestee al hul tyd in die valleie en klim selde die berg uit. Moenie daardie fout maak nie. Geniet Jesus se teenwoordigheid en jy sal wonderlik bevredig word.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.