Gedagte vir die dag: Gemors

Biddende_hande_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe hulle by die plek aankom wat Kopbeen genoem word, het hulle Jesus daar gekruisig, asook die misdadigers – een aan Jesus se regter- en een aan sy linkerkant. Daarop het Jesus gesê: “Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!” Hulle het ook sy klere verdeel deur die lot te werp. (Lukas 23:33-34)

Ons weet nie vir seker nie, maar dit is waarskynlik dat die soldate Jesus se woorde gehoor het: “Vader, vergewe hulle … ” ’n Mens sou dink dit sou hulle op een of ander manier geraak het. Soos om hulle regtig baie sleg te laat voel, of hulle ten minste te laat wonder of hulle nie dalk ’n fout begaan het nie. Maar nee. Hulle het voortgegaan en sy klere uitgeloot.

Soms sal jy vir iemand bid en regtig hul beste belange op die hart dra – jou kind of eggenoot of kollega – en hulle sal maar net aanhou om jou soos gemors te behandel. Moet asseblief nie moedeloos word nie.

God sien nie net jou opoffering en jou pyn raak nie, Hy weet ook presies hoe dit voel, want Hy was self daar en het die littekens as bewys daarvan. Dit voel dalk nie vir jou asof Hy ingryp soos wat Hy behoort nie, maar weet net dat jy Hom kan vertrou. Hy het jou liewer as wat jy jou kan indink. Hy gee om oor jou hartseer. Hy sal jou nie los soos jy is of waar jy is nie.

Jy weet tog jy is nié gemors nie, of hoe?

Jesus, dit help om te weet U weet hoe dit voel. Versterk my sodat ek ook kan optree soos wat U opgetree het. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.