Gedagte vir die dag: Genade werk anders as my weergawe hiervan

kruis-02

Foto: Geralt/Pixabay.com

God laat blyk sý liefde vir ons daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. (Romeine 5:8)

Normaalweg is genade hier aan ons kant van die draad gelyk aan tweede kanse wat ons vir mekaar gee. Dit werk soos volg: (i) Jy oortree ’n reël. (ii) Ek besluit om jou te straf. (iii) Jy vra om verskoning. (iv) Ek aanvaar jou verskoning en gee aan jou ’n tweede kans. (v) Nou is dit jou verantwoordelikheid om weer my goedkeuring terug te wen. Kortom, ander moet ons genade verdien.

God se genade is eindeloos ruimer as hoe ons genade aan mekaar betoon. Jesus sê Hy gee sewentig maal sewe keer nuwe kanse. God begin elke keer oor met ons. Sy genade gebeur ten spyte van ons herhaaldelike foute. Dit gebeur al weet God ons beste bedoelings om reg te leef, is dikwels net wind-woorde. Ewe goeie nuus is dat God se genade almal verander wat deur Hom aangeraak word. Hy aanvaar ons net soos ons is, maar los ons nooit soos wat ons is nie.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Soms wil my menslike verstand nie aanvaar dat God die mensdom nog genadig kan wees as ons na die mens se ongehoorsaamheid kyk nie.
Dankie dat dit nie van my verstaan afhang nie maar van God se genade!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.