By U alleen is daar liefde vir ’n weeskind. (Hosea 14:4)
Hierdie eenvoudige sin is ’n kragtige teologiese les. Dit omvat die glorieryke boodskap van verlossing wat aan ons gegee is deur Jesus Christus ons Verlosser. Die inhoud van hierdie vers draai om die woorde “liefde vir ’n weeskind”. Dit is die wonderlike manier waarin liefde uit die hemel na die aarde stroom; ’n spontane liefde wat uitgestort word op dié wat dit nie verdien nie, dit nie kan bekostig nie en dit nie soek nie.
As ’n mens dink aan hoe sondig ons is, is dit eintlik die enigste manier waarop God ons kan liefhê. As ons sy liefde op enige manier moes verdien, sou dit nie so vrylik gegee gewees het nie. Onthou, daar is geen voorwaardes vir genade nie. Ons kan op God se belofte vertrou. Is dit nie wonderlik om te weet dat God se genade absoluut gratis vir ons beskikbaar is nie?
Dankie, aanbiddenswaardige Here
Van wanneer af verdien ‘n weeskind nie liefde nie?