Gedagte vir die dag: Geniet jou werk    

Stiltetyd-22.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Werk hard en probeer dit geniet. Doen wat jou hand vind om te doen. (Prediker 9:10) 

Ons werk kan ons met tye nogal vang! Om elke oggend met ’n lied in die hart uit die vere te spring en opgewonde te wees oor dit wat ons vandág gaan doen, is darem seker nie realisties nie. Ons werk stel met tye ongenaakbare eise aan ons, die roetine kan ons onderkry en ons word mos ook moeg … en dalk moedeloos. Om van tyd tot tyd jou werk te verwens is dalk normaal, maar wanneer jy permanent negatief voel oor jou dagtaak en die omgewing waarin jy werk, het dit tyd geword om selfondersoek te doen.

Vra jouself waarom jou werk vir jou so ’n kruis is. Is dit omdat jy nie by die regte plek is nie, die mense jou onderkry, jy eenvoudig net nie doen wat vir jou lekker is nie of omdat jy moeg en uitgeput is? Net jy kan jou unieke situasie ontleed en met die hulp van jou Gees-genoot by die regte antwoorde uitkom.

God wil hê dat jy jou werk sal geniet. Vra Hom hóé.

Leidsman van my lewe, wys my asseblief die pad.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.