Gedagte vir die dag: Gereed vir die stryd!

hande-tevrede.jpgTrek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld. (Ef 6:11-12)

Paulus vergelyk die Christen met ’n soldaat wat besig is om oor log te maak. As kinders van God is ons in dié wêreld in ’n oor log situasie gewikkel in die stryd tussen die lig en die duisternis. Die duiwel is ’n onsigbare vyand wat nooit sal ophou om die kerk van God aan te val nie. In ons stryd teen hom sal ons altyd die onderspit delf, behalwe as ons die wapenrusting aantrek wat God vir sy kinders aanbied. Daarna kan ons in die “dag van onheil” teen die duiwel weer stand bied.

Paulus sê dat ons die waarheid as gordel moet aantrek en die vryspraak deur die bloed van Jesus as borsharnas behoort te dra wat ons teen die dodelike pyle van die vyand sal beskerm. Ons het ook die bereidheid om die evangelie te verkondig as skoene nodig, geloof as die skild waar mee die pyle van die vyand afgeweer kan word en verlossing as helm om jou hoof te beskerm. God gee ons ook die Bybel, die swaard van die Gees, as aanvalswapen.

Indien jý hierdie wapenrusting in jou stryd teen die duiwel gebruik, sal jy elke keer as oorwinnaar uit die geveg tree.

Here, ek wil nou u volle wapenrusting aantrek sodat ek kan oorwin in die geveg tussen die lig en die duisternis. Amen

Lees Efesiërs 6:10-17

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.