Gedagte vir die dag: Gereed vir die wederkoms

Berg_wolke_landskap_ReintDykema.jp

Foto: Reint Dykema

Die Dag van die Here sal so onverwags kom soos ’n dief. Dan sal die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl soveel meer aan God toegewy wees en moet julle naby aan Hom lewe! (2 Petrus 3:10-11, NLV)

Petrus waarsku dat Jesus se wederkoms onverwags sal wees. Die wederkoms, so meen hy, sal met geweldige natuurgebeure gepaardgaan, wat die fisiese verwoesting van die skepping tot gevolg gaan hê.

Maar niemand weet die presiese tyd daar van nie. Die Bybel stel dit duidelik dat niemand, nie eers Jesus self, weet wanneer die wederkoms sal plaasvind nie. Ons moet dus elke dag gereed wees daarvoor deur aan God toegewy te leef.

Ook jy behoort elke dag só te leef dat Jesus maar van dag kan kom. Omdat God se kinders met die verwagting van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde leef, kan elkeen van ons met blydskap uitsien na die wederkoms wanneer Jesus sy kinders gaan kom haal om vir altyd by Hom te wees.

Here Jesus, help my om elke dag u wederkoms te wagte te wees. Dankie vir die wonderlike belofte dat U my dan sal kom haal om vir altyd by U te wees. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlina Erasmus ·

Ja…die belangrike is dat ons reg moet wees…elke dag…datum is nie belangrik nie!

Dries ·

Ons moet net sorg dat ons elke dag gereed is en ons nie steur aan wiskundige voorspellings nie. Wat ‘n bron van groot vreugde om na uit te sien – Jesus kom ons haal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.