Gedagte vir die dag: Gereed vir die wederkoms!

Stiltetyd-13.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms. (1 Petrus 4:12-13)

Die Christene wat in die tyd van Petrus geleef het, het baie gely ter wille van hulle geloof.

Hulle was ook dikwels moedeloos omdat Jesus so lank getalm het om te kom. Petrus sê vir hulle dat hulle nie verbaas moet wees oor hierdie momentele swaarkry nie, maar dat hulle dit eerder as ’n voorreg moet beskou. Swaarkry ter wille van hulle geloof hou vir hulle ’n voordeel in: Hoe meer hulle op die oomblik in Jesus se lyding deel, hoe groter sal hulle uiteindelike vreugde met sy wederkoms wees.

Wanneer ’n mens baie swaar kry, sien jy vir seker meer uit na Jesus se tweede koms as wanneer dit baie goed met jou gaan. Maar Jesus se koms is vir jou net so naby soos die dag waarop jy gaan sterf. Almal van ons behoort dus elke dag gereed te wees vir die wederkoms omdat nie een van ons weet wanneer dit sal wees nie.

Here Jesus, dankie vir die troos dat my swaarkry van die oomblik my vreugde met u wederkoms sal versterk. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tim Canddiotes ·

Ons swaarkry kan nooit vergelyk word met die’ wat Jesus verduur het nie. Hy is die Skepper, sonder sonde, maar is deur sy eie skepsels verwerp en tot die dood veroordeel. Hy het die losprys vir ons verlossing betaal,voordat ons Hom eers geken het!

al ·

Dankie o Christus dat U lewe aan ñ kruis opgeoffer het om ons te red. Wat ñ voorreg is dit nie dat U ons Lig in die hiernamaals ook gaan wees nie!

Dries ·

Dis die kern en die pit van liefde , Jesus wat hierdie ontsettende leiding verduur het uit liefde vir ons , sodat ons gered kan word. Groter liefde as dit kry mens nie.

TTh ·

Sy verskyning is op hande met die wegraping van sy geliefde, die ‘wyses’ sal presies weet wanneer Hy kom (1 Tess 5:4), die dwases sal dit ongelukkig mis en na drie en half jaar daarna sal sy wederkoms wees (sien die Bybel en wel die KJV vertaling). Jesus Christus se wederkoms het niks te doen met die dag waarop jy sterf nie – dit is onskriftuurlik en ‘n dwaling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.