Gedagte vir die dag: Gereinig van die kwaad

wildernis_rivier_stroom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak. (2 Timoteus 2:21)

”As jy jouself skoon hou van die verkeerde.” Dit klink tog onmoontlik. Ons is per slot van rekening deur sonde geskend; ons lewe in ’n sondige wêreld; ons word omring deur kwaad van allerlei aard. Hoe kan ons dan ooit rein en suiwer genoeg wees om deur God gebruik te word?

God weet dat dit nie maklik is nie. Christus Jesus het versoeking immers aan eie lyf ervaar (Heb. 2:18). Ons word nie geroep om ons aan die wêreld te onttrek nie, want dan sou dit onmoontlik wees om oor die Goeie Nuus te getuig teenoor mense wat dit broodnodig het. Ons word wel geroep om rein te lewe, om ons “skoon te hou van die verkeerde” soos ons teksvers sê. Dit doen ’n mens deur te weier om aan versoeking toe te gee en deur, wanneer jy wel kwaad gedoen het, dadelik na God te gaan om vergifnis en reiniging te ontvang. Ons hou ons rein deur verkeerde invloede te vermy en deur naby mense te lewe wat ons kan help om volwasse te word in ons geloof. Moenie jou skuld by God laat oploop nie; gaan dadelik na Hom toe vir die vergifnis en kwytskelding wat Christus vir jou verdien het.

As ons ons op dié manier rein hou, kan ons deur God gebruik word vir die spesiale take wat Hy vir ons beplan het. Wat ’n voorreg om spesifieke take vir God te mag doen! Wat ’n voorreg om skoon en rein voor Hom te lewe!

Smag jy na reinheid, vergifnis en ’n waardige doelwit in jou lewe? Gaan na God toe. Jy kan sy vergifnis en reiniging vir jou toe-eien bloot deur ’n gebed.

Bron:
My Stiltetyd-Oordenking
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lena Jonk ·

Wat n pragtige boodskap, laat ons skoon voor Jesus gaan staan nie vol vlekke nie.

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir vir al U genade. Amen!

GL ·

Here ek smag na n waardige doelwit in my lewe. Dankie vir U genade.Amen.

Maria ·

Amen…amen…dankie Here nie maklik nie maar weet dit moeite werd om reinig en skoon te wees pluk n vrug dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.