Laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewens die deurslag gee; want as lede van een liggaam is julle tot vrede geroep. (Kolossense 3:15)
Dit gebeur so dikwels dat selfs die volgelinge van Jesus Christus hulle deur hulle emosies laat lei. Daar is dikwels twis en onmin in gemeentes en in Christelike huise, asook in die samelewing en die werkplek.
Wanneer die vrede wat Christus bewerk het egter die bepalende faktor in ons lewe is, sal ons streef om ook met almal om ons in vrede te leef. Hierdie vrede is egter meer as om nie vyandig te wees nie. Dis om aktief vrede te maak, vrede te soek en in liefde teen oor ander op te tree omdat Christus Jesus vir ons vrede met God bewerk het.
Prins van vrede, help my om aktief die vrede wat U bewerk het in dankbaarheid daarvoor uit te leef. Amen.