Gedagte vir die dag: Gesag in gesag

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Dit is die dinge waaroor jy moet praat. Gebruik jou volle gesag om aan te moedig en tereg te wys. Gee aan niemand aanleiding om op jou neer te sien nie. (Titus 2:15)

Mense voel taamlik waardeloos sonder gesag. As jy met die kinders praat en hulle ignoreer jou blatant, of as kollegas en tydgenote jou mening nie na waarde ag nie, voel jy soos ’n vyfde wiel aan die wa. Daarenteen kan verantwoordelikheid jou hele persoonlikheid verander. ’n Bevordering kan jou laat voel dat jy eindelik raakgesien word. ’n Nuwe rang kan maak dat jy jou lyf vermakerig rondgooi en jou laat ontaard in iemand wat jy voorheen verag het. Dring jy aan op ’n titel, want dit voeg by tot jou selfwaarde? Dis hoe kom daar so ’n sieklike sug na posisie selfs in die kerk is. Hier die soort gesag is leeg en leweloos en ’n sterk teenstander van God se gesag.

Jesus leer ons dat gesag slegs te vind is wanneer ons self daar onder staan – God s’n. As ons beheer in die liggaam van Christus wil hê, moet ons God se mag ten volle oor ons lewe toelaat en doen wat Hy sê. Dis nie range en titels wat magtiging gee nie, maar gehoorsaamheid aan God.

Dawid is ’n goeie voorbeeld. As veewagter, ongereken, onbekwaam, te jonk vir militêre diens en op neergesien deur sy broers, staan hy voor die uitdagende Goliat en sê: “Jy kom na my met ’n skrik wekkende wapentuig, maar ek kom nou in die gesag van die lewende God.”

Ouers kla dikwels hulle het nie gesag nie, maar miskien is dit omdat hulle self nie onder gesag staan nie, en die kinders sien dit. Ouers het diepgaande gesag in die huis wanneer hulle onder God se gesag buig (1 Tim 3:4).

Gee God ’n kans om jou met ware, lewegewende gesag te vul deur jou knieë voor Hom in onderdanigheid te buig.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan Friis ·

Dis net vir my bitter om te sien hoe Gwede Mantase omswaai nadat sy vrou die kontak(R693 milj) vir voeding skema gekry het of is my feite nie korrek???

Eish ·

Née ek weet nie of jou feite reg is nie, maar jy moet gesag he om so n kontrak te kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.