Gedagte vir die dag: Geskenke vir die Here

Vrugteboord_www_organicguide_com.jpg

Foto: organicguide.com

Daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet. (Hooglied 7:13)

Die geliefde bruid wil vir Jesus alles gee wat sy kan. Ons harte is gevul met “allerlei keurige vrugte, vars en oud”. Ons het die nuwe: ons loop oor met nuwe lewe, nuwe vreugde en nuwe dankbaarheid.

Maar daar is ook die oue. Daar is ons “eerste liefde”. Dit is een van ons keurigste vrugte en Jesus verheug Hom daarin. Daar is ons aanvanklike geloof; die eenvoudige geloof wat ons uit absolute armoede gebring het en ons toegelaat het om te deel in God se groot rykdom. Daar is die vreugde wat ons gehad het toe ons die Here pas leer ken het. Watter seëninge of talente of deugde ons ook al het, kom ons gee dit alles vir ons Geliefde. Dit is wanneer dit die helderste skyn: wanneer Jesus se heerlikheid die doel van ons siel is.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.