Gedagte vir die dag: Gestuurdes van Christus

mense_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. God die Vader het julle uitverkies om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. (1 Petrus 1:1-2)

Aan die begin van sy brief vertel Petrus sy lesers presies wie hy is: ’n apostel van Jesus, dit wil sê iemand wat deur Jesus self gestuur is. Dit is dan ook God self wat sy lesers uitverkies het om Hom te gehoorsaam, vertel hy hulle.

Die lesers van Petrus se brief was juis mense wie se moeilike lewensomstandighede hulle dikwels moedeloos gemaak het. Petrus praat hulle moed in en moedig hulle aan om aan God gehoorsaam te wees, aan Hom getrou te bly en in hulle geloof te volhard. Christene moet verwag om in die wêreld swaar te kry, maar hulle weet dat die wêreld nie hulle eintlike bestemming is nie.

Ook jy is as Christen ’n gestuurde van Christus. God het jou reeds uitverkies om aan Hom te behoort. Jy kan vir seker weet dat jy op aarde gaan swaarkry, maar omdat jy aan God behoort, het jy die belofte dat die hemel vir jou wag.

Here Jesus, wys my hoe om as u gestuurde my swaarkry in die wêreld positief te verwerk. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.