Getuienis: Om Jesus te volg is die gevaarlike keuse

Foto verskaf deur Geopende Deure

Esther* het soos meeste meisies in Iran grootgeword in ‘n streng Moslem-familie. Eendag het ‘n winkelier die Evangelie met haar broer gedeel en hy het ‘n Christen geword. Toe hy die Goeie Nuus met Esther deel, het sy ook besluit om haar lewe vir Jesus te gee. Maar in Iran is dit onwettig om van Islam na Christenskap te bekeer, en die oomblik toe sy ja sê het vir Jesus, het sy ook ja gesê vir ‘n baie moeilike lewe.

Nadat Esther Jesus begin volg het, het sy by ‘n klein gemeenskap van ondergrondse gelowiges aangesluit wat ‘n geheime kerk begin het. Later het sy ook leiding geneem om ander Iranse vroue te dissipel en met jong kinders te werk.

“Ons moet versigtig wees oor ons geloof,” sê sy. “Ons kan nie na ‘n kerkgebou gaan nie, so ons ontmoet net in huise. Ons het saggies gelofprys en aanbid, sodat die bure nie na ons aanbidding sou luister of die geluide van ons huiskerk sou hoor nie.

Die Iranse regering beheer alle fasette van die openbare lewe – ook huwelike moet onder die Islamitiese wet gedoen word. Toe Esther en haar man wou trou, moes hulle hul geloof van die regering weggesteek.

Maar in Iran is dit moeilik om jou geloof vir lank geheim te hou. Die geheime polisie infiltreer dikwels ondergrondse Christelike gemeenskappe deur voor te gee dat hulle nuwe bekeerlinge is, deel te word van huiskerke en dan die hele gemeente te arresteer.

Foto verskaf deur Geopende Deure

Een nag, terwyl Esther se huiskerk vergader het, het die polisie op hul geheime erediensbyeenkoms toegeslaan. “Ek en ʼn ander suster is nie tronk toe nie, maar al die mense saam met ons is.” het Esther gesê. Die polisie het Esther en die ander vrou laat gaan om na hulle kinders om te sien, maar hulle is die volgende dag beveel om in te kom vir ondervraging.

Toe Esther en haar man die volgende dag in gaan vir ondervraging, het die geheime polisie gesê dat hulle bewus is hul Christelike aktiwiteite…

Die ondervragings het vir langer as ʼn maand aangehou. Die geheime polisie het hulle huis deursoek en gedreig met tronkstraf en dat hulle nie weer hulle jong seun sal sien nie. Die teistering was aanhoudend.

Tydens die laaste ondervraging het hulle ‘n dokument vir Esther en haar man gegee om in te vul. Dit sou bevestig dat hulle hul geloof ontken en terugkeer na Islam. Dit was ‘n keuse wat hul lewens vir ewig sou verander. “Dit was ‘n nuwe ervaring vir my,” sê Ester, “want ek moet kies, maar ek kies Jesus.” Hulle het nie die papiere daardie dag onderteken nie.

Genadiglik is daar ‘n vensterperiode wat dikwels vir mense in sulke situasies gegee word, waar daar ʼn blinde oog gedraai word vir mense wat die land wil verlaat. “Ons het ontsnap,” sê Ester. Sy het ‘n retoerkaartjie vir haar en haar seun na Istanbul bespreek. Haar man het ʼn week later by hulle aangesluit. Hulle het nooit teruggegaan nie.

Foto verskaf deur Geopende Deure

Op sommige maniere het Esther se gesin een vervolging ingeruil vir ‘n ander. Die lewe in Turkye vir Iranse vlugtelinge is ‘n moeilike pad. Dit is moeilik om werk te vind, daar is ‘n nuwe taal om te leer en vlugtelinge word dikwels as tweedeklas-burgers behandel.

In ‘n tyd wat baie jong paartjies hul lewens en hul gesinne geniet, sukkel Esther en haar man om te oorleef. Maar wanneer ons haar vra of dit alles die moeite werd is, is sy vinnig om te reageer, “Ja. Ek is ‘n Christen en ons weet dat daar vervolging vir ons gaan wees.”

Esther se storie verteenwoordig so baie ander in die vervolgde Kerk vandag, wat alles opgee om Jesus te volg.

Geopende Deure se bediening is teenwoordig by die vervolgde Kerk in Moslemlande en reg oor die wêreld.

Jy kan vandag gelowiges in hierdie moeilike situasies ondersteun deur ʼn Geskenk van Hoop te gee.

ʼn R80-geskenk help om een-tot-een-opleiding te voorsien aan dapper leiers soos Esther. Klik hier om die vervolgde Kerk te help, en kerkleiers in gevaarlike Moslemgebiede op te lei.

* Vir sekuriteitsredes is Esther se naam verander.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Aussiekaner ·

Stem saam…Respek. Maar 1 dom ou gaan in n moskee in en skiet mense dood en reg oor die wêreld word daar n minuut stilte gehou en hulle wil tot die Crusaders rugbyspan se “aanstootlike” naam verander, maar hier word Christene vervolg en gemartel en niemand sê skaars n woord daarvan.

Dries ·

Aussiekaner , ek voel 100% saam met jou. Ek kan ook nie goedkeur wat In Christchurch gebeur het nie,maar dis tipies die skynheiligheid wat in die wereld aangaan, dis alwwer net die arme verontregtes ,maar Christene word soos muishonde behandel en baie vermoor in hulle lande,maar daaroor sal daar nie gal gebraak word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.