Gedagte vir die dag:  Gewer sonder gelyke

gebreekte_kleipot_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Jesus het hulle geantwoord: “Laat haar met rus! Waarom maak julle dit vir haar so moeilik? Sy het ’n weldaad aan My gedoen.” (Markus 14:6)

Party mense beskou vrygewigheid as fanaties, maar Jesus noem dit liefde. Hy was so aangedaan oor die vrou se geskenk van ’n albaste fles vol baie duur aromatiese olie, dat Hy verklaar het: “Ek verseker julle, waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy vir altyd onthou word!” (Markus 14:9).

Liefde lei tot oorvloedige vrygewigheid. As jy lank genoeg na Christus kyk, sal jy ook meer vrygewig raak. As jy lank genoeg gee, sal jy meer soos Christus word.

Maar ongeag hoeveel jy gee, Jesus bly steeds die Gewer sonder gelyke: “Alhoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword sodat julle deur sy armoede ryk kon word” (2 Korintiërs 8:9). Jesus se menswording en versoening was die heel oorvloedigste geskenk van alle tye. Die ontvouende drama van God se verlossing is die beste bewys moontlik van sy oneindige groot liefde.

Buitensporige genade lewer buitensporige gewers. – J.D. Greear

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie genadige Here dat ek mag deel in die Grootste Geskenk wat die wereld nog ooit ontvang het….Here Jesus U genade is vir my genoeg…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.