Gedagte vir die dag: Die gewig van aanvaarding en verwerping

persoon_staar_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here is by my, ek sal nie bang wees nie. Wat kan ’n mens aan my doen? (Psalm 118:6)

Ek en jy is die somtotaal van die aanvaarding en verwerping wat ons ervaar het. Die meeste van daardie aanvaarding en verwerping het gebeur toe ons nog jonk was – toe ons karakters soepel was en gebuig het onder die gewig wat ander op ons geplaas het, goed óf sleg.

Ek ken byvoorbeeld ’n tienerseun wat gehoor het toe sy kleuterskooljuffrou vir sy ma sê dat “sy hysbak nie tot heel bo gaan nie”. Sy hysbak gaan eintlik veel hoër as dit, want alhoewel hy nog so klein was, het hy die belediging van sy intelligensie verstaan en het dit hom amper 15 jaar geneem om vry te kom van daardie leuen.

Die effek van verwerping is nie vir almal dieselfde nie. Ons reageer verskillend daarop omdat ons almal verskillende temperamente, kontekste en karakters het. Tog maak dit nie saak wat jou storie is nie, jy word ook blootgestel aan die elemente van kritiek, teenkanting en verwerping. Dit is dinge van buite wat op jou inwerk.

Die waarheid wat jou dapper genoeg maak om die kritiek te dra, is dat Jesus dit alreeds alles na die kruis gedra het. God aanvaar jou heelhartig. Vreemd genoeg laat die gewig van daardie ondenkbare aanvaarding jou toe om lig te reis.

Glo jy regtig dat, ongeag watter kritiek, teenkanting en verwerping jy in die verlede ervaar het, God jou waarlik liefhet?

Here, dankie dat U my absoluut en vir ewig aanvaar en liefhet. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ricky ·

Kosbare woord om ons NET WEER te herinner aan ons ware identiteit in Christus.

Neels Botha ·

Hierdie gedagte in Psm 118:6 vandag om Hom te vertrou en nie te vrees nie, is spesiaal vir my om hierdie dag deur te gaan. Groot hekkies om vandag oor te kom in Sy genade. Amen.

Iliana ·

Dit doen Karen, maar kyk in die spieël en sien wie in jou bly, God. Doen my ‘n guns, kyk in die spieël en kyk jouself, Hy is daar, binne in jou.

hendrik ·

verwerping kan mens tot jou einde bring dat jy nie meer lus voel om te lewe nie en jou venietig tot in jou siel

Iliana ·

Maar dit kom nie van God nie. Dit kom van mens, en al ons swakhede. In God is ons almal oorwinnaars.

Glimlag, jy is mooi.

Maria Van Dieweeck ·

Ek bid vir almal hierbo. Dankie vir daardie goeie vraag.

Dries ·

Wat ‘n wonderlikke genade voorreg, al verwerp menses jou , die grootste Koning van alle tye het jou innig lief en Hy sal Sy kindeers nooit begeef en nooit verlaat nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.